Klasmaats onthou vir Dirk Prinsloo
Voormalige advokaat óf uitgelewer óf gedeporteer.
Francoise Steynberg - Ongeveer 11 jaar ná die oud-Namibiër Dirk Prinsloo, 'n beskuldigde in 'n kindersekssaak, landuit gevlug het, is hy weer op pad terug Suid-Afrika toe – dié keer vermoedelik in boeie en begelei deur Interpol-beamptes.
Prinsloo is van Sondag 19 Februarie af geregtig op parool na hy in Februarie 2010 in 'n hof in Belo-Rusland in Oos-Europa tot 13 jaar tronkstraf gevonnis is.
Prinsloo is 'n oudleerling van Windhoek Hoërskool (WHS) waar hy in 1987 gematrikuleer het.
Op WHS se Facebook-blad gons dit oor dié oudleerling.
Zachie Loots sê hy onthou Prinsloo baie goed en het saam met hom aan die 1 500 m en 3 000 m-items in atletiek deelgeneem. Prinsloo was ook 'n koshuisbrak in Huis Dreyer.
'n Klasmaat van die standerd 10D-klas sê hy onthou Prinsloo as stil, skugter en teruggetrokke.
“Hy het partykeer woede getoon as kinders hom gespot het oor hy stil is. Hy was altyd baie netjies, maar jy kon sien alles was nie altyd reg nie,” sê die klasmaat.
“Ek het hom een of twee keer in Pretoria ook gesien. Hy het my nie herken nie. Hy was nogal netjies in pakke geklee en baie 'meneeragtig'.”
Nog 'n matriekmaat sê sy het saam met hom rekeningkunde gehad en beaam dat hy baie stil en skaam was.
“Hy het nie veel met die dogters gemeng nie. Sy pa, Johan Prinsloo, was 'n groot naam in die weermag daai tyd.”
Twee vrouens op die Facebook-blad het geen simpatie met Prinsloo nie: “Hierdie mens het hope jong kinders se lewens verwoes. Hy hoort vir die res van sy lewe agter tralies. Sit moet hy sit.”
'n Besluit moet geneem word of Prinsloo gedeporteer of uitgelewer gaan word aan Suid-Afrika. Sodra hy in Suid-Afrika land, kan hy op grond van die lasbrief wat die hooggeregshof in Pretoria in 2006 uitgereik het, gearresteer en aangehou word tot hy in die hof verskyn.
Daarna sal die verhoor wat hy destyds ontduik het, weer begin.
Prinsloo en sy voormalige lewensmaat, Cézanne Visser (“Adv. Barbie”), albei voormalige advokate, is in 2002 gearresteer op klagte van onder meer bedrog, onsedelike aanranding, verkragting, die vervaardiging van kinderpornografie en die uitlokking van minderjariges om onsedelike dade te pleeg.
Die aanklagte is later teruggetrek, maar hulle is weer in 2003 aangekla en elkeen op borgtog van R4 000 vrygelaat.
Hul verhoor het in Januarie 2005 in die hooggeregshof in Pretoria begin. Albei het skuld ontken.
In November 2005 het Prinsloo die hof ingelig dat hy daardie Kersfees in Rusland sou deurbring en sy borgtog is tot R20 000 verhoog.
Hy het egter nooit teruggekeer nie en en Interpol is ook by die soektog betrek.
BANKROOF
Prinsloo is in Junie 2009 in Belo-Rusland in hegtenis geneem toe hy 'n bank in die dorpie Baranowitsji probeer beroof het.
Op 11 Januarie 2010 het hy in die Baranowitsji-hof verskyn op aanklagte van diefstal (na hy een van sy Belo-Russiese “meisies” se hangertjie gesteel het), bankroof, boewery (vir die aanranding van 'n vrou wat in sy pad was toe hy uit die bank gevlug het), marteling (van 'n ander gewese meisie), en 'n aanklag op grond van sy dreigement om dié meisie te vermoor.
Omdat hy as 'n gevaarlike beskuldigde beskou is, het Prinsloo in 'n “hok” in die hofsaal verskyn.
Op 1 Februarie is hy skuldig bevind op aanklagte van diefstal, bankroof en boewery.
– Eie berig en Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie