Klapgeluide op u2019n andersins tjoepstil aand
Klapgeluide op u2019n andersins tjoepstil aand

Klapgeluide op ’n andersins tjoepstil aand

Andrew Poolman
Wat ’n dolle tyd waarin ons te midde van die coronavirus-pandemie lewe!

Terwyl rugbyspelers hier nog skaars saam gesien mag word of sonder handskoene ’n rugbybal na mekaar mag gooi, was dit Amerika se skopboksers wat die groen lig gekry het om Saterdagaand die wit waks uit mekaar te moker.

In ’n bykans leë arena in Jacksonville, Florida, was “UFC 249” die eerste grote wat uit die allesomvattende sluiting van Noord-Amerika se professionele sportbedryf na aksie teruggekeer het.

Midde-in die VSA se sterftesyfer weens die pandemie (reeds verby die ondenkbare 80 000-merk), was dié aand gewis nie sonder omstredenheid nie.

Eers het die deelstaat New York se sportkommissie geweier om die byeenkoms goed te keur, maar die UFC het aangedring die datum bly vasgeknoop terwyl hy na ’n nuwe venue gesoek het.

Die antwoord is in Florida gevind, waar die goewerneur Ron DeSantis beroepsport as ’n “noodsaaklike bedryf” erken het toe hy verlede maand ’n grendelstaat afgekondig het.

Saterdag se venue het sitplek vir tot 15 000 mense gehad, maar toeskouers was verbode. Die getal personeellede en TV-produksie binne die arena is ook grootliks beperk.

Nuuskonferensies voor en ná geveg is aanlyn verskuif en Vrydagaand was daar geen van die gebruiklike hoëprofiel inweegseremonies met skreeuende aanhangers nie.

’n UFC-beampte het vooraf gesê ongeveer 1 200 Covid-19-toetse vir vegters en ander werkers sou gedoen word vir die beplande drie vegbyeenkomste in Florida.

Tydens ’n aanlyn-nuuskonferensie Donderdag het vegters gepraat oor die ongemak om daardie lang katoenstokkies diep in hul neusgate op te stoot. Die toetsproses was spesiaal ongemaklik vir iemand soos Justin Gaethje, wat weens ’n ou besering ’n blokkasie in sy regterneusgat het.

Gaethje – ’n plaasvervanger vir die superster Khabib Nurmagomedof wat vanweë die reisbeperkings in sy tuisland Dagestan vasgekeer moes bly – het juis die groot opskudding van die aand veroorsaak. Hy het die gevreesde Tony Ferguson, ’n klipharde veteraan met ’n kakebeen van staal, stelselmatig afgetakel totdat die skeidsregter die geveg stopgesit het.

In minder as ses rondes het Gaethje 136 houe en skoppe geplant, waarvan elkeen hard en duidelik hoorbaar was sonder enige rumoer uit die leë pawiljoene.

Die kykervaring sonder ’n siel op die pawiljoen was uiters vreemd. Dit was aardig om elke geluid binne die oktagon te hoor. TV-kykers kon die vegters selfs hoor asemhaal en elke trefferskop of vuishou het soos ’n geweerskoot geklap.

Vegters het nie maskers gedra nie, maar hul hoekhelpers wel. Die UFC-toesighouers en -personeel het dit ook gedoen, hoewel skeidsregters in die kryt daarsonder was. Buite die hok was sommige skeidsregters gemasker, ander nie.

Afgesien dat dit ’n byeenkoms met sy volle kwota drama was, weet organiseerders die sukses sal in ewe groot mate bepaal word deur die latere openbaring of dit enigsins skadelik vir openbare gesondheid was.

Reeds Vrydagaand moes die Brasiliaanse middelgewig Ronaldo Souza, op die laaste oomblik onttrek word omdat hy vroeër die dag positief vir die coronavirus getoets het. Souza het geen simptome getoon nie, maar twee van sy helpers het ook positief getoets.

• Intussen dink wetsgehoorsame Amerikaners nie dis snaaks dat die sosiale vlinders steeds strandpartytjies hou en oënskynlik al hoe meer afgestomp en ongeërg raak nie.

Een vrou van Miami was in ’n virale video behoorlik ontsteld: “Ek skree nie omdat ek jaloers op jou seilboot is nie! Ek het ook vriende en ’n agterplaas, maar daar is ’n tyd en ’n plek vir alles ... Mense sterf in hospitale, maar julle dom swerkaters gaan veroorsaak dat ons in September steeds in kwarantyn is en op Nuwejaar steeds nie ons huise mag verlaat nie. Handhaaf fisieke afstand en dra jou flippen masker!”

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%