Klag gelê ná kattekwaad-oproer
Mariselle Stofberg - Die Okuryangava-oproer verlede week wat deur gerugte van ontvoering, moord en molestering aangehits is, het tot die vermorsing van staatsgeld en -hulpbronne gelei.
Kommissaris Silvanus Nghishandimbwa van die Namibiese polisie het aan Republikein bevestig die eienaar van die huis in Okuryangava wat op 16 November met klippe bestook is weens wilde aantygings, het 'n formele klag by die polisie ingedien.
”Joshua Ihuhua, die huiseienaar, het klagte van onder meer saakbeskadiging, aanranding deur dreigemente en laster teen die skare ingedien. Die polisie ondersoek tans die saak,” het Nghishandimbwa gesê.
“Die omvang van staatsgeld wat tydens hierdie onnodige voorval gemors is, is ongelooflik groot,” sê die kommissaris.
Die voorval het verlede Donderdag van 07:30 tot 19:00 geduur, waarna die polisie hul getalle op die toneel verminder het. 'n Polisie-eenheid het deur die nag by Ihuhua se huis gewaak om enige kwaaddoeners weg te hou.
Volgens Nghishandimbwa is 15 polisievoertuie, tussen 50 en 70 polisiebeamptes en 'n helikopter na die toneel ontplooi. Ses polisievoertuie is beskadig en twee polisiebeamptes is tydens die voorval beseer. Lede van die publiek is ook beseer en van die publiek se voertuie is ook in die proses beskadig.
“Ek kan nie genoeg beklemtoon hoe onnodig hierdie hele voorval was nie,” sê Nghishandimbwa.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie