Kiwi’s se diepte laat Rennie se oë rek

15 September 2020 | Sport
Terwyl die beserings onder Suid-Afrika se sterre maai en Australië die Rugbykampioenskap met ’n onervare groep ingaan, is daar vir Nieu-Seelanders aansienlik minder om oor bekommerd te wees.
Dis nou as jy luister na Dave Rennie, die Wallabies se afrigter, wat meen sy eweknie by die All Blacks, Ian Foster, het die luuksheid van diepte in talent om van te kies.
“Super Rugby Aotearoa is teen ’n baie hoë intensiteit gespeel en van hoogstaande gehalte,” sê Rennie.
“Ek dink enige All Black-span wat iemand soos Lachlan Boshier kan weglaat, wat ek gedink het ongelooflik was in Super Rugby Aotearoa en hoewel hy nie eens die Noordeiland-span gemaak het nie, is daar duidelik baie diepte.”
Boshier (25), ’n voormalige o.20-speler vir Nieu-Seeland, is ’n losvoorspeler vir die Chiefs.
Wat die Aussies betref, is hulle in ’n bouproses.
Rennie het in sy groep vir die Rugbykampioenskap en Blesdisloe-reeks 16 spelers gekies wat nog nie vir die Wallabies gespeel het nie, terwyl 13 ander 10 of minder toetse gespeel het. Hy wil vanjaar gebruik om die boustene gereed te kry vir die 2023 Wêreldbeker-toernooi in Frankryk.
“Ons het die groep met ’n oog op die toekoms gekies,” sê Rennie.
“Daar sal spelers wees wat nie speelkans kry nie, maar ons moet seker maak dat ons diepte skep en spelers gereed is om hul geleenthede aan te gryp wanneer dit kom.”
Terwyl Rennie beïndruk is deur die intensiteit wat hy in Super Rugby AU waargeneem het, meen hy dat dit verder gelig sal moet word vir Oktober se Bledisloe-toetse teen die All Blacks.
Hulle sal ná Saterdag se Super Rugby AU-eindstryd tussen die Brumbies en Reds saamtrek.
“Ek dink die rugby (in Super Rugby AU) het met die verloop van tyd beter geraak,” sê Rennie.
“Die voordeel van uitkloprugby is die intensiteit. Daar was beslis intensiteit in hierdie wedstryde.”
Nieu-Seeland hou reeds sedert 2003 die Bledisloebeker.
– Reuters, Netwerk24



FOTO’S
As ’n speler soos die Chiefs-flank Lachlan Boshier nie naby ’n All Black-span kan kom nie, dui dit op ongelooflike diepte, meen Dave Rennie, die Wallabies se afrigter. Foto Getty Images

Soortgelyk

 

22 gevangenes toets positief vir Covid-19

7 ure gelede | Gesondheid

Twee-en-twintig gevangenes van die Sentrale Gevangenis in Windhoek is deel van die 34 nuwe Covid-19-gevalle wat in die hoofstad aangeteken is. Volgens die minister...

Beweerde baba-ontvoerder gou vasgetrek

12 ure gelede | Misdaad

Kristien Kruger – ’n Beweerde baba-ontvoering het inwoners van Havana geskok net weke ná twee gruvoorvalle in dié informele nedersetting in die hoofstad.’n Twee maande...

Noorde brand wéér

22 ure gelede | Omgewing

‘n Groot veldbrand woed tans naby Tsumeb, met een persoon wat sê hy kon bykans nie verby die vuur kom om die dorp binne te...

345 leerlinge toets positief vir Covid-19

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Tot op hede het 345 leerlinge in Namibië positief vir Covid-19 getoets. Die meeste is in die Oshikotostreek en wel 170 (49,3%)...

Viskwota-sirkus

22 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die regering se viskwotaveiling het klaaglik misluk.Van die beoogde N$628 miljoen wat die regering uit die kwotaverkope vir maasbanker, stokvis en monnikvis...

Jooste skors Nida-raad

22 ure gelede | Regering

Elvira HattinghDie huidige raad van direkteure vir die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida), is gevra om hul kantore te ontruim en is die afgelope...

Weer vir 1 Oktober

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezistreek met 'n paar buie, andersins sonnig en baie warm tot warm in die //Karasstreek.KUS: Gedeeltelik bewolk...

Lucia sterk goed aan

22 ure gelede | Gesondheid

Tanja Bause Vier maande nadat Lucia Soroses (8) met ernstige brandwonde na die sentrale hospitaal in Windhoek verplaas is, sterk sy goed aan.Mnr. George Olivier...

Meer as miljard vir MIV-stryd

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtDie bekamping van MIV/vigs in Namibië het ’n reuse-hupstoot van miljoene Namibiese dollar gekry met die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) wat...