Kiwi's 'onderskat' die Proteas nie
Kiwi's 'onderskat' die Proteas nie

Kiwi's 'onderskat' die Proteas nie

WB-krieket
Tinus van Staden - Nieu-Seelanders is oor die algemeen vriendelike mense, maar wanneer die hoogtepunte van 2015 se Wêreldbeker-halfeindstryd tussen die Swartpette en Proteas wys, is die Kiwi's se glimlagte nog breër as gewoonlik.

“Dit was 'n ongelooflike wedstryd en 'n jammerte dat daar 'n verloorspan moes wees, want albei spanne was 'n sege waardig,” het Nieu-Seeland se kolfafrigter, Craig McMillan, Maandag in Birmingham gesê.

Die Proteas en Kiwi's het vandag op Edgbaston 'n herontmoeting wanneer hulle mekaar in vanjaar se Wêreld­bekertoernooi pak.

McMillan sê die Kiwi's het nog nie veel oor daardie wedstryd gepraat in die aanloop tot vandag se kragmeting nie. Grant Elliot, 'n voormalige veelsydige speler van die Kiwi's, het sy span vier jaar gelede met 'n ses van Dale Steyn se boulwerk in die laaste boulbeurt in die eindstryd ingeslaan. En Protea-harte gebreek.

“Die hoogtepunte wys elke nou en dan. Dié van ons wat betrokke was, kan dan nie help om te glimlag nie,” sê McMillan.

“Ons was verheug om aan die wenkant te wees. As ons Woensdag iets soortgelyks kan opdis, gaan die toeskouers baie gelukkig wees.”

Kane Williamson en sy Kiwi's kom vandag teen 'n Suid-Afrikaanse span te staan wat veg om oorlewing ná drie nederlae in hul eerste drie WB-wedstryde.

Volgens McMillan bly die Proteas egter 'n puik span.

“Suid-Afrika is 'n span van gehalte, 'n baie gevaarlike span,” sê hy.

“Hulle het nie die begin gehad wat hulle sou wou hê nie, maar dit maak hulle dalk selfs nóg gevaarliker.

“Ons weet hoe goed hulle is, so ons gaan hulle beslis nie onderskat nie.”



BELEEFD, MAAR DODELIK

Nieu-Seeland word gesien as die “goeie ouens” van wêreldkrieket. 'n Span vol ware here en bykans elke krieketondersteuner se tweede span.

McMillan sê die span weerspieël bloot die persoonlikheid en geaardheid van die deursnit Nieu-Seelander.

“Ons bly net getrou aan wie ons as mense en as 'n nasie is. Dit is die persoonlikheid van Nieu-Seelanders,” sê McMillan.

“Ons is vriendelik; ons kom oor die weg met mense. Ons speel steeds harde, mededingende krieket, maar ons doen dit op die Nieu-Seelandse manier.

“Dit is dalk anders as wat sommige ander spanne dit doen en dit is oukei, maar ons is gemaklik met hoe ons die spel speel.”

So byna ter illustrasie van hul ontspanne geaardheid, is die laaste twee minute van die amptelike nuuskonferensie afgestaan aan 'n pittige gesprek tussen McMillan en die Kiwi-joernaliste oor 'n vasvrakompetisie Sondagaand waarin daar 'n paar “twyfelagtige” beslissings deur die beoordelaar, die kolwer Ross Taylor, gemaak is.

“Oortree jy nie nou die gedragskode deur die 'skeidsregter' te beledig nie?” wou die een joernalis weet.

“As daar 'n wedstrydskeidsregter was, was daar dalk 'n paar uitwysings,” kap McMillan terug.

“Sit nou die bespiegelinge stop. Wat het by die vasvra gebeur?” wil 'n ander Kiwi-verslaggewer weet, kastig ernstig.

“Dit is nie die regte forum om dit te bespreek nie ... Daar was ... sinspelings dat van die antwoorde verkeerd was,” skerts McMillan.

“Het jou span gewen?”

“Ons het agtste uit nege spanne geëindig,” sê McMillan en die vriendelike, ontspanne Kiwi's in die vertrek bars uit van die lag. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.92 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.92 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%