Kiwi-spelers Maandag terug op oefenveld
Rugby
Nieu-Seeland se Superrugby-spelers sal Maandag met ’n tweede voorseisoen begin wanneer hulle weer begin oefen danksy die verslapping van gesondheids- en reisbeperkings, wat ingestel is vanweë die Covid-19-pandemie.
Sanzaar, die beheerliggaam van rugby in die Suidelike Halfrond, het die Superreeks ná slegs sewe weke gestaak weens die pandemie en landsgrense wat gesluit is.
Die beperkings wat die Nieu-Seelandse regering ingestel het, is egter verlede week verslap, sodat beroepsport hervat kan word.
Nieu-Seelandse Rugby gaan na verwagting ’n verlies van etlike miljoene dollar ly en ’n nuwe kompetisie wat hul vyf Superspanne insluit, sal op 13 Junie begin.
Spelers sal van Maandag kan begin oefen en hul lywe weer gewoond maak aan kontak.
“Die tyd weg van die spel, laat ’n speler se lyf goed voel,” het Scott Robertson, die afrigter van die Crusaders, Sondag aan Stuff Media gesê.
“Dit gaan baie soos ’n tweede voorseisoen wees,” sê hy.
Daar is streng gesondheidsriglyne vir die spanne en hulle sal in ’n vakuum moet funksioneer. Vir die duur van die toernooi van tien weke sal besoekende spanne op dieselfde dag invlieg vir ’n wedstryd en dieselfde aand weer huis toe vlieg.
Daar sal ook geen toeskouers wees nie totdat die regering besluit dit is veilig om sosiale distansiëring op te hef.
Leon MacDonald, die afrigter van die Blues, sê die spelers sal ’n heeltemal ander rugbylandskap betree as die een wat hulle nege weke gelede verlaat het.
Hul gesondheid sal gemonitor word en hul temperatuur sal daagliks geneem word en daar sal talle mediese personeel betrokke wees.
Spelers sal ook nie kan sosialiseer en saamdrom ná oefeninge nie en mediese behandeling sal volgens ’n streng tydrooster geskied.
“Ons probeer die risiko so klein as moontlik maak,” sê MacDonald.
“As ons seker kan maak daar is nie enige gevalle van Covid-19 tussen ons nie, kan ons deur die seisoen kom en dít is die hoofdoelwit.
“Dit gaan nie veel vat vir dinge om te ontspoor nie en dan word alles weer gesluit.” – Netwerk24, Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie