Kinderstoeltjies noodsaaklik vir padveiligheid

23 December 2016 | Ongelukke
Met die toenemende verkeer op Namibië se paaie tydens die feesseisoen, is dit belangrik om die noodsaaklikheid van kinderstoeltjies in motors te beklemtoon.

Arrive Alive se onlangse studies toon dat kinderstoeltjies in motors die moontlikheid van die sterfte van kinders tydens ’n ongeluk met 70% verminder.

Volgens adj.komm. Ralph Ludwig van die polisie se verkeersafdeling vereis verkeerswetgewing in Namibië dat enige kind jonger as 14 jaar of korter as 1,5 m wat in ’n voertuig vervoer word, in ’n kinderstoeltjie of ondersteunende sitplek moet vasgegespe wees. Kinders ouer as 14 en langer as 1,5 m word beskou as volwassenes en moet ’n sitplekgordel gebruik. Ouers word wel aangeraai om kinderstoeltjies vir kinders korter as 1,5 m tussen die ouderdomme van 3 en 14 jaar te gebruik. Indien dit vasgestel kan word dat die bestuurder van die voertuig nie die nodige maatreëls toepas om die veiligheid van kinders te verseker nie, kan die oortreders tot en met N$4 000 beboet word.

’n Onlangse verslag van die Regshulpsentrum (LAC) bevat die Global Road Safety Partnership Namibia (GRSP) se 2009-studie oor die nakoming van veiligheidgordelswetgewing in Namibië, wat toon dat slegs 21,4% van die 532 studiedeelnemers wat met kinders jonger as 12 jaar reis, hul kinders altyd behoorlik vasgordel.

Sodra jou kind se skouers hoër as die gleuwe van die babastoeltjie se harnas sit, hul ore bo die babastoeltjie begin uitsteek of jou kind die gewig- en lengtebeperkings van babastoeltjies oorskry, is dit tyd om die babastoeltjie in te ruil vir ’n gewone kinderstoeltjie.

Safe Kids Worldwide gee aan ouers ’n vyfpunt-lysie om seker te maak jou kinderstoeltjie is reg vir die langpad:

1. Die regte stoeltjie: Maak seker jou kind voldoen aan die gewig- en lengtebeperkings soos uiteengesit op die etiket en hou die stoeltjie se vervaldatum, gewoonlik ná 6 jaar, dop.

2. Die regte plek: Kinderstoeltjies (en kinders tot en met die ouderdom van 13) moet altyd op die agterste sitplek wees.

3. Die regte rigting: Probeer om jou kinders tot en met die ouderdom van 2 in ’n stoeltjie te hou wat agtertoe kyk. Sodra hulle te groot word vir hierdie stoeltjies kan jy hulle in ’n stoeltjie plaas wat vorentoe kyk. Maak net altyd seker die boonste gordel is behoorlik vas sodra jy die onderste gordel (“latch”) vasgegespe het.

4. Die knyptoets: Sodra jou stoeltjie se gordels behoorlik vas is, jy moet nie in staat wees om die bandjies om jou kind se skouers te veel te kan trek en knyp nie.

5. Die skuiftoets: Sodra die stoeltjie geïnstalleer, skud dit. Dit mag nie meer as ongeveer 2,5 cm skuif nie.

Soortgelyk

 

Trump laat Amerika bloos oor 'Nambia"

13 ure gelede | Internasionaal

Pres. Donald Trump van Amerika het gister tydens ‘n vergadering met Afrikaleiers in New York na Namibië as “Nambia” verwys.Tydens die ontmoeting het Trump gesê:...

Ysterertsmyn dalk op Windhoek se voorstoep

23 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Gemeenskapsvergaderings word vandag by Neudamm en in Windhoek gehou vir insette oor die impak wat die beplande ysterertsmyn 50 km oos van...

Droogtenood in Suide al groter

23 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer 'n Projek, onder aanvoering van die Keetmanshoop Streekslandbou-unie (SLU), is tans werksaam om dringend voer vir vee op meer as 50 plase in...

wenfoto by Hakos gekiek

23 ure gelede | Omgewing

Die wenner van die Insight Sterrekunde Fotograaf van die Jaar-kompetisie het sy foto in Namibië geneem. Die Rus Artem Mironov is vanjaar se algehele wenner­...

Nuwe stelsel veroorsaak chaos by lughawe

23 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie sê dit het 'n korttermyn­oplossing gevind om die chaotiese­ vertragings by die Internasio­nale Lughawe Hosea Kutako...

Weer vir 21 September

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm. Winderige toestande word in die Noorde en oor die sentrale hoëgrond verwag. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig...

'Noord-Amerikaners wil Namibië besoek'

23 ure gelede | Toerisme

Namibië is 'n toeristebestemming wat Noord-Amerikaners graag wil besoek.Só sê die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts (NWR), me. Zelna Hengari, wat saam met die...

Tienermeisie steek baba glo in tas weg

23 ure gelede | Misdaad

Twee vroue, van wie een 'n skoolmeisie is, is Dinsdag in verband met die verberging van 'n geboorte in hegtenis geneem.OMUTELEVolgens die Namibiese polisie se...

Goeie nuus vir sekuriteitswagte

23 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig - Die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping het aangekondig sekuriteitswagte in Namibië moet van verlede Vrydag (15 September) af ten minste N$8,75...