Kinders wag vir mieliemeel
Weke nadat die eerste termyn van die skooljaar afgeskop het, wag kinders van die Laerskool Otjivero in die Omahekestreek steeds dat die regering mieliemeel moet aflewer, wat veral vir weerlose skoolkinders dikwels die enigste maaltyd van die dag beteken.
'n Plaaslike boer, me. Marina Lamprecht, het ingespring en 240 kg mieliemeel aan die skool geskenk. Volgens die skoolhoof, me. Rebecca Heita, is die helfte van die leerlinge weeskinders, en die hele groep is weerloos. Word die verwagte besending nie betyds met die aanvang van die termyn afgelewer nie, sê Heita, bly die meeste leerlinge sonder 'n gereelde maaltyd.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie