Kinders vind pa en dogter se lyke
Kinders vind pa en dogter se lyke

Kinders vind pa en dogter se lyke

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Saak van moord en selfmoord word deur die Namibiese polisie ondersoek nadat kinders Vrydag op 'n pa en dogter (3) se lyke op Tsumeb afgekom het.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die driejarige se ouers omstreeks 17:00 in Kuvukiland gaan drink.

"Die pa, mnr. Quinton Puti Nawiseb, het glo besluit om huis toe te gaan en hy het sy driejarige dogter, Christa Nawises, saamgevat. Ná 'n rukkie het die 25-jarige ma ook besluit om huis toe te gaan, maar haar man en dogter was nie daar nie," het die polisie gesê.

"Hul lyke is deur kinders ontdek wat in die omgewing gestap het. Die meisie is met 'n oop wond aan haar agterkop gevind en die man het aan 'n boom gehang."

Die kinders het die saak by die polisie aangemeld.

"Die motief vir hul sterftes is onbekend," sê die polisie, wat die saak steeds ondersoek.

'n Man wat na bewering sy ma teen sy 36-jarige stiefpa wou beskerm, is Saterdagaand met 'n mes in die omgewing van Oniipa doodgesteek.

"Mnr. Herman Gideon (24) van die Iikango-nedersetting is omstreeks 23:00 ná ’n bakleiery met 'n mes in die ribbes gesteek. Hy het na bewering vir sy stiefpa gesê om op te hou om sy ma te slaan, wat die stiefpa se humeur laat opvlam het," sê die polisie.

Die stiefpa is in hegtenis geneem en sou gister in die hof verskyn.

'n Vrou, me. Engeline Rooinasie (28), het op pad hospitaal toe gesterf nadat sy Saterdag omstreeks 23:30 by die Hainguba-sjebeen in Tseiblaagte op Keetmanshoop twee keer met 'n onbekende voorwerp gesteek is. Die verdagte (22) het op die vlug geslaan.

KOMBUISMES

In Wanaheda in die hoofstad het 'n 43-jarige vrou glo Vrydag omstreeks 16:45 vir mnr. Revaldo Rooi (18) met 'n kombuismes in die bors gesteek. Hy is op die toneel in Clanwilliamstraat in die Goreangabdam-nedersetting dood.

"Die voorval het na bewering ná 'n argument tussen die twee plaasgevind. Die verdagte is in hegtenis geneem," het die polisie gesê.

Twee mans het Sondagoggend by die Olunghono-nedersetting naby Oshikango verdrink toe hulle water by ’n dam gaan haal het.

Die liggame van mnre. Patrick Shimuningeni (19) en Jonas Jackson (ouderdom onbekend) is voglens die polisie deur duikers van die spesiale reserwemag uit die dam verwyder.

'n Vermiste vrou van Mpuma-nedersetting, me. Selma Neterere (59), se liggaam is Saterdag omstreeks 10:00 by die Mpaga Forest Rupara-nedersetting naby Kahenge in 'n ontbinde toestand gevind. Volgens die polisie is sy op 28 Oktober as vermis aangemeld.

MAN STEEK HOMSELF IN MAAG

Twee vroue het Vrydag omstreeks 15:00 by die Epupa-opemark op Opuwo op 'n 40-jarige man afgekom wat besig was om homself met 'n mes in die maag te steek.

Die vroue het die polisie ingelig en die man is na die Opuwo-staatshospitaal gejaag en later na die Oshakati-hospitaal oorgeplaas. Sy toestand word as stabiel beskryf.

Die liggaam van 'n baba is Sondag in Havana in die hoofstad gevind waar dit begrawe is.

"'n Vrou (41) het haar ongebore baba na bewering laat aborteer en die liggaam agter haar huis begrawe. Die babalykie is deur die bure ontdek, wat geweet het die vrou was sowat ses maande swanger.

"Hulle het besef sy is nie meer swanger nie en het dit by die polisie aangemeld. Sy is na 'n hospitaal geneem, maar weier dat 'n dokter haar ondersoek," sê die polisie.

Die vrou is in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!