Kinders se wêreld verbeter tóg

Meer word ouer as vyf

03 July 2019 | Gesondheid
font face="Verdana" >

Henriette Lamprecht – Dit lyk of die gesondheid en welstand van die wêreld se kinders tóg verbeter.

Volgens Unicef se jongste verslag, Vir elke kind, elke reg is voortgesette verbetering in kernaspekte waargeneem met meer kinders wat ouer as vyf jaar oud word en minder wat aan wanvoeding ly.

Leeruitkomste het in 67% van lande verbeter waar Unicef werksaam is, terwyl toegang tot veilige drinkwater steeds toeneem.

Die afgelope dekade is ‘n verbysterende 25 miljoen kinderhuwelike ook voorkom.

Die verslag fokus op uitdagings wat kinders vanoor die wêreld daagliks in die gesig staar, met oplossings wat onder meer entstowwe, opleiding vir gemeenskapsgebaseerde gesondheidswerkers en onderrigmateriaal vir leerlinge insluit. Die oplossings het grotendeels ten doel om kinders en jongmense te bemagtig om hul toekoms in hul eie hande te kan neem en hulself te bemagtig.

Ten spyte van vooruitgang wat reeds in die wêreld van ‘n kind gemaak is, is baie werk volgens die verslag steeds nodig om volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s) teen 2030 te bereik.

Daagliks sterf 15 000 kinders aan meestal voorkombare oorsake.

Aan die een kant daal die aantal ondervoede kinders wat aan vertraagde groei ly, en aan die ander kant neem die aantal oorgewig kinders toe.

Meer meisies en vroue van ‘n reproduktiewe ouderdom ly aan bloedarmoede.

Met betrekking to kinders se opvoeding sê die verslag byna 60% van kinders in laerskole voldoen nie aan die minimum onderrigstandaarde nie. In 2017 was slegs die helfte van alle voorskoolse kinders by ‘n kleuterskool ingeskryf. As gevolg hiervan baat sowat 175 miljoen kinders wêreldwyd nie by vroeë kinderontwikkeling nie.

Die verslag sê as die koers van kinderhuwelike wêreldwyd nie vinniger daal nie, is die kans goed dat meer as 150 miljoen meisies as kinders in die huwelik gaan tree. Vir baie van dié meisies beteken dit die einde van hul opvoeding en die geleentheid om hul drome te bereik.

Op ‘n positiewe noot oorleef meer kinders vandag as ooit tevore.

Van 2000 tot 2017 het die neonatale sterftesyfer met 41% gedaal, die postnatale sterftesyfer met 51%, en die sterftesyfer van kinders van een tot vier jaar oud het met 60% afgeneem.

Onder kinders in die ouderdomsgroep vyf tot 14 jaar het die sterftesyfer met 37% gedaal.

Ten spyte van dié merkwaardige vooruitgang bereik te veel kinders steeds nie volwassenheid nie. In 2017 het ‘n beraamde 6,3 miljoen kinders meestal aan voorkombare oorsake gesterf.

Dit beteken ‘n kind sterf elke vyf sekondes.

In ‘n poging om te verseker elke kind oorleef, het Unicef die fokus op primêre gesondheid op gemeenskapsvlak verskerp en nouer bande met regerings gesnoer om onder meer die uitkomste vir kindergesondheid, voeding en vroeë kinderontwikkeling te verbeter. Volgens beskikbare data van 2017 sê die verslag 262 miljoen kinders en jongmense was in die betrokke jaar nie op die skoolbanke nie.

Skokkend is dat ‘n geraamde 387 miljoen skoolgaande kinders in laerskool en 230 miljoen skoolgaande kinders op hoërskool nie oor basiese syfer- en leesvaardighede beskik nie.

In lae-inkomstelande word ‘n gemiddeld van 46% van die geld wat aan openbare onderrig bestee word, aan die mees opgevoede 10% van leerlinge toegeken.

Die verslag maan miljoene kinders oraloor die wêreld het steeds nie toegang tot ‘n veilige en skoon omgewing nie.

Volgens die jongste beskikbare data het 2,1 miljard mense nie toegang tot veilige drinkwater by die huis nie, en het 2,3 miljard nie toegang tot basiese sanitasie nie. Boonop ontlas 892 miljoen mense in die oopte.

Met verwysing na skole sê die verslag 570 miljoen kinders het in 2016 nie basiese drinkwater by hul onderskeie skole gehad nie, terwyl meer as 620 miljoen kinders nie toegang tot basiese sanitasie gehad het nie. In lande wat geraak word deur konflik, maak kinders jonger as 14 jaar sowat 40% van die bevolking uit.

Byna ‘n kwart van die wêreld se kinders leef ook in gebiede waar die voorkoms van vloede uiters hoog is.

Soortgelyk

 

Geval nr. 22 se toestand kritiek

8 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was daar geen opflikkering in die gesondheidstoestand van die 63-jarige Walvisbaaier wat in die intensiewesorgeenheid van ’n private hospitaal...

Skuldriller

8 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die omvang van die Covid-19-pandemie het die ekonomie finaal verpletter en gaan die land vanjaar met ‘n algehele begrotingstekort van bykans N$21,4...

AR steun Ipinge se ingrype

8 ure gelede | Politiek

Denver Kisting en Augetto Graig - Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai stedelike kiesafdeling, mnr....

AR steun Ipinge se ingrype

8 ure gelede | Politiek

Denver Kisting, en Augetto Graig – Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, mnr....

Weer, Donderdag 28 Mei 2020

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, elders sonnig en matig tot warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle op plekke. GETYE BY WALVISBAAI:...

8 vas oor renosterstropery

8 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Agt vermeende renosterstropers en -horingsmokkelaars is oor twee dae vasgetrek.Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is twee...

2019-’20-reënseisoen verbeter op rampjaar

8 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Namibië meteorologiese dienste sê tydens die afgelope reënseisoen het die meeste streke normaal tot ondernormale reëns aangeteken, alhoewel reën in April...

Swapo betaal partytjieboete

8 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die uitvoerende direkteur van Swapo, mnr. Austin Samupwa, is verlede week met N$2 000 beboet weens die regerende party se 60ste verjaardagpartytjie...

'n Vars bries vir die teaterbedryf

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Kunstenaars wat hoop om hul produksies of idees deur die Nasionale Teater van Namibië (NTN) te vervaardig, kan nou hul voorleggings vir 2021 en 2022...