Kinders op pad skool toe raakgery
Kinders op pad skool toe raakgery

Kinders op pad skool toe raakgery

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Meisie (7) wat skool toe geloop het, is gisteroggend (30 Mei) in Monte Christoweg in die hoofstad doodgery.
Volgens Windhoek se stadspolisiehoof, Abraham Kanime, is twee sewejarige meisies wat gisteroggend skool toe geloop het, deur 'n bakkie in Monte Christoweg raakgery.
Een meisie het gesterf en die ander een is beseer en in die Lady Pohamba private hospitaal opgeneem.
"Dit is 'n tragiese voorval," het Kanime gesê.
Die oorledene is Rosalinde Amuthenu en die beseerde meisie is Sarti Iyambo, leerlinge van die Primêre Skool Faith in Wanaheda.
Volgens die hoof van die Namibiese polisie se skakelafdeling, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het die meisies omstreeks 07:00 tussen twee voertuie oor die pad geloop toe hulle getref is.
"Die bestuurder van die bakkie is aanvanklik aangehou, 'n saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak en die saak is na die aanklaer-generaal verwys vir beslissing," het Kanguatjivi gesê.
Kanime doen 'n beroep op ouers om hul kinders na skole te vergesel en bestuurders om stadiger te ry in woongebiede.
"Kinders is so klein dat mens hulle skaars raaksien. Bestuurders moet so stadig as 40 km in woongebiede ry - veral by skole. Wees asseblief meer bedagsaam," het Kanime gemaan.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° #N/A #N/A