Kinders moenie in die water mors nie, almal wil dit drink

Water wat ná gebruik in afvoerpype en dreine verdwyn, kan 'n wesenlike bydrae tot gesonde mense en ekosisteme lewer.
Henriette Lamprecht
Wêreldwyd gebruik sowat 1,8 miljard mense 'n bron van drinkwater wat met ontlas­ting besmet is en wat meebring dat hulle 'n risiko loop om van cholera tot polio op te doen.

Vanjaar se Wêreldwaterdag het op afvalwater en die oplossings wat dit bied vir 'n wêreld wat toenemend ernstige droogtes en waterskaarstes in die gesig staar, gefokus. Die doel is om die mens se siening te verander dat afvalwater nie iets is wat net moet wegvloei nie, maar eerder hergebruik en herwin moet word om die aanvraag na varswater en die reusedruk op waterhulpbronne te verminder.



Wat is afvalwater?

Afvalwater is water wat reeds gebruik is en sluit water van wonings, besighede, nywerhede en instellings in. Die benaming dek enigiets van riool- en badwater tot water wat gebruik is om skottel- en wasgoed te was.



Hoekom afvalwater?

Wêreldwyd is die grootste hoeveelheid afvalwater afkomstig van mense se wonings, stede, nywerhede en landbou en vloei terug in die natuur sonder dat dit behandel of hergebruik word.

Sodoende word die omgewing besoedel en waardevolle voedingstowwe en ander herwinbare produkte gaan verlore.

Pleks van afvalwater te vermors, kan dit eerder verminder en hergebruik word. In huise kan gryswater gebruik word om tuine nat te lei, terwyl dit in stede vir groen ruimtes gebruik kan word. Op die gebiede van landbou en nywerhede, kan afvalwater behandel en weer vir verkoelingstelsels en besproeiing gebruik word.



Afvalwater en watersiklus

Water moet tydens elke deel van die watersiklus versigtig bestuur word. Van die onttrekking van vars water, vooraf behandeling, verspreiding, gebruik, ver­samel en na-behandeling, tot die gebruik van behandelde afvalwater en die uiteindelike terugkeer na die omgewing en reg om onttrek te word om die siklus weer te begin.

Weens die groei van die wêreldbevolking, versnelde verstedeliking en ekonomiese ontwikkeling, het die hoeveelheid afvalwater wat genereer word asook die algemene besoedeling wat hiermee saamgaan, daadwerklik toegeneem. Tog word die bestuur van afvalwater ernstig agterweë gelaat en word afvalwater grootliks onderontgin as 'n potensieel bekostigbare en volhoubare bron van water, energie, voeding­stowwe en ander herwinbare materiale. In die lig hiervan behoort dit as 'n hulpbron eerder as 'n las gesien word waarvan ontslae geraak moet word.

Verskeie behandelingsprosesse en bedryfstelsels is beskikbaar wat mense in staat stel om afvalwater te gebruik om in die toenemende aanvraag na water in groeiende stede te voorsien en ook volhoubare landbou en ook energieproduksie en bedryfsontwikkeling te ondersteun.



Afvalwater en stede

Teen 2030 sal die globale aanvraag na water na verwagting met 50% toeneem.

Die meeste daarvan gaan in stede wees en nuwe benaderings tot die opname van afvalwater en –bestuur vereis. Herbruikte afvalwater kan daarom moontlik ander uitdagings insluitend voedselproduksie en industriële ontwikkeling takel.

In hoofsaaklik lae-inkomste gebiede van stede en dorpe binne ontwikkelende lande, vloei 'n groot persentasie afvalwater direk in die naaste waterafvoerpyp of informele dreineringskanaal weg sonder of met baie min behandeling. Saam met huishoudelike afvalwater en menslike afval, stort hospitale en nywerhede soos kleinskaalse mynbou en vulstasies dikwels hoog toksiese chemikalieë en mediese afval in die afvalwaterstelsel. Selfs in stede waar afvalwater versamel en behandel word, kan die doeltreffendheid van behandeling wissel volgens die stelsel wat gebruik word. Tradisionele aanlegte waar afvalwater behandel word, kan moontlik nie sekere besoedelingstowwe soos endokrieneversteurders verwyder nie, wat weer 'n negatiewe uitwerking op mense en die ekosisteem mag hê.



Dubbele verspreidingstelsels

Sedert 1977 bedien 'n parallelle netwerk pype, los van hoofpypleidings vir drinkwater, in St. Petersburg, Florida (Amerika) van woonhuise tot kommersiële en industriële parke met herwinde water wat gebruik word vir van besproeiing tot wasgoed was.



Biologiese suiwering van water

Die volume afloopwater van die Schiphol-lughawe in Amsterdam is vergelykbaar met 'n klein stad met 'n bevolking van 45 000 mense.

Sowat 'n helfte van die afvalwater is afkomstig van passasiers en besighede op die lughawe, 25% vanaf vliegtuie en spyseniering en die oorblywende volume word deur ander lugvaartverwante besighede geproduseer. Die aanleg wat afvalwater op die lughawe behandel, suiwer die water biologies tot 'n kwaliteit geskik om in plaaslike waterweë vrygestel te word.



Afvalwater en nywerhede

Maatskaplike en omgewingsdruk die afgelope paar jaar het gelei tot 'n groeiende beweging vir nywerhede om hul afvalwater te verminder en te behandel voordat dit wegvloei.

Afvalwater word nou geag as 'n potensiële hulpbron en die gebruik of herwinning daarvan ná geskikte behandeling, kan ekonomiese en finansiële voordele inhou. Dit kan binne die nywerheid self of tussen verskeie nywerhede deur middel van industriële simbiose gebruik word.

Industriële waterverbruik is verantwoordelik vir 22% van die globale waterverbruik (UN Water, 2012). In 2009 was waterverbruik in Europa en Noord-Amerika 50% in vergeleke met die 4 tot 12% in ontwikkelende lande (WWAP, 2009). Na verwagting sal dit in vinnig industrialiserende lande met 'n faktor van 5 in die volgende 10 tot 20 jaar toeneem. Daarom is 'n sterk aansporing nodig om afvalwater binnenshuis en plaaslik en gegrond op kostebesparings alleen, aan te moedig. Besighede kan direk sommige afvalwater gebruik, met dien verstande dat dit geskik is vir gebruik. 'n Voorbeeld hiervan is om verwerkte water vir afkoeling of verhitting, of reën­water afkomstig van geute vir onder meer die spoel van toilette, besproeiing of die was van motors te gebruik.



Industriële eko­stelsel

In Kalundborg, Denemarke, word die byprodukte van een onderneming as 'n hulpbron deur ander ondernemings in 'n geslote siklus gebruik.

Die Asnæs Power-kragstasie ontvang jaarliks 700 000 kubieke meter afkoelwater van Statoil wat dit behandel en dan gebruik as water vir die stoomketels. Dit gebruik ook sowat 200 000 m3 van Statoil se behandelde afvalwater jaarliks vir skoonmaakdoeleindes. Die besparings tot plaaslike waterbronne is aansienlik: Sowat 3 000 000 m3 grondwater en 1 000 000 m3 oppervlakwater word jaarliks bespaar.



Herwinning van water uit mynbou

Die Witbank-steenkoolvelde is rondom Emalahleni geleë, 'n klein stad in Suid-Afrika wat geteister word deur 'n verslegtende waterskaarste.

Die Anglo American-mynmaatskappy het 'n waterverwerkingsaanleg gebou wat ontsoutingstegnologie gebruik om die water van die myn in drinkwater te verander en ook industriële water te behandel sodat dit veilig in die omgewing vrygelaat kan word. As 'n bykomende voordeel word gips tydens die behandelingsproses van die water geskei en as konstruksiemateriaal gebruik. Die aanleg verskaf 'n veilige waterbron aan die stad en voldoen in 12% van Emalahleni se daaglikse waterbehoeftes.



Afvalwater in landbou

Die gebruik van chemiese bemestingstowwe en plaagdoders om oeste te verhoog, het die afgelope paar jaar drasties in industriële landbou sowel as landbou op klein skaal toegeneem.

Die besoedeling van grond- en oppervlakwater deur die landboukundige gebruik van onbehandelde water of water wat nie voldoende behandel is nie, is 'n groot struikelblok in baie ontwikkelende lande waar dié tipe besproeiing gebruik word. Boere ondersoek toenemend nie-konvensionele waterbonne en in veral afvalwater, grootliks as gevolg van dié water se hoë inhoud van voedingstowwe en omdat daar 'n gebrek aan konvensionele waterbronne is. Sou dit veilig toegepas word, is afvalwater 'n waardevolle bron van beide water en voedingstowwe wat tot water- en voedselsekuriteit en die verbetering van lewenstandaarde bydra. Verbeterde bestuur van afvalwater kan die gesondheid van werkers, veral in landbou, verbeter deur die risiko van blootstelling aan patogene te verminder. Dit kan voorts direkte en indirekte werksgeleenthede in water-afhank­like sektore skep.



Afvalwater in boerdery

Daar word geraam meer as 40 000 tot 60 000 km 2 grond word met afval- of besoedelde water besproei (Jimenez en Asano, 2008) wat gesondheidsrisiko's vir boere en uiteindelik verbruikers van dié landbouprodukte inhou.

Beskikbare tegnologieë sorg vir die verwydering van byna alle besmetting uit afvalwater wat dit geskik vir daaglikse gebruik maak.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se riglyne vir die veilige gebruik van afvalwater in landbou en akwakultuur, sowel as die veiligheidsbeplanning vir sanitasie (SSP), verskaf 'n volledige raamwerk om te verseker dat gesondheidsrisiko's bestuur word om openbare gesondheid te beskerm. '

'n Voorbeeld is Israel waar 50% van besproeiingswater uit afvalwater bestaan (OECD, 2011).

- Bronne: www.metro.uk; www.herald.co.zw; www.worldwaterday.org; www.savewaternamibia.org­


Waterfeite

663 miljoen mense is steeds sonder verbeterde bronne vir drinkwater.

Teen 2050 sal sowat 70% van die wêreld se bevolking in stede woon, teenoor die huidige 50%. Huidig het die meeste stede in ontwikkelende lande nie voldoende infrastruktuur en hulpbronne om die bestuur van afvalwater op 'n doeltreffende en volhoubare manier te takel nie.

Geleenthede vir die ontginning van afvalwater as 'n hulpbron, is geweldig. Veilig-bestuurde afvalwater is 'n bekostigbare en volhoubare bron van water, voedingstowwe en ander herwinbare materiale. Die koste van die bestuur van afvalwater word grootliks oortref deur die voordele van menslike gesondheid, ekonomiese ontwikkeling en omgewingsvolhoubaarheid en verskaf nuwe sakegeleenthede en skep ook meer “groen” werksgeleenthede. Wêreldwyd word meer as 80% van afvalwater wat deur die samelewing genereer word, teruggeplaas in die ekosisteem sonder dat dit behandel of hergebruik word. Sowat 1,8 miljard mense gebruik 'n bron van drinkwater wat met ontlasting besmet is en wat hulle met die risiko laat om van cholera tot diarree en polio op te doen. Onveilige water, swak sanitasie en higiëne veroorsaak jaarliks sowat 842 000 sterftes.

Gammams-labora­torium in Windhoek

Die wêreldklas Gammams-laboratorium verseker daagliks Windhoek se water is veilig om te drink, al word van herwinde water gebruik gemaak.

Die gehalte van altesaam 10 000 watermonsters uit verskillende dele van die hoofstad word maandeliks, volgens die hoogste internasionale standaarde deur die munisipaliteit se laboratorium vir wetenskaplike dienste getoets vir chemikalieë, parasiete, virusse, mikrobiologiese organismes en stowwe wat met die werking van hormone in mense kan inmeng.

Die water wat vanuit Windhoek se waterherwinningsaanlegte kom, ondergaan meer toetse as byvoorbeeld dié wat deur nasionale damme verskaf word. Gevolglik kan die munisipaliteit met sekerheid bevestig dat die stad se herwinde water van uitstaande gehalte is.

Huishoudelike rioolwater gaan eerstens na die Gammams-aanleg vir behandeling, waarna dit ook na die meer moderne Goreangab-aanleg vir verdere behandeling gestuur word. Water gaan ook na die ouer Goreangab-­aanleg, maar water vanaf dié aanleg word hoofsaaklik as gryswater gebruik. Dit dien onder meer om sportvelde in Windhoek nat te maak. Soms word die Goreangabdam se water ook vir gryswaterdoeleindes gebruik. Die munisipaliteit se Ujams-aanleg ontvang rioolwater vanaf die stad se nywerhede, wat metale bevat en gevolglik te toksies is om by Gammams te suiwer. Die munisipale herwinningsaanlegte lewer tans altesaam sowat 20% van die stad se drinkwater. Tog ontvang geen gebied in Windhoek uitsluitlik herwinde water nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.37/OZ UP +0.13% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.26% | Zinc US$ 2 863.40/T UP 2.03% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 898.45/OZ DOWN -0.0041 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.37/OZ UP +0.13% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.26% | Zinc US$ 2 863.40/T UP 2.03% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 898.45/OZ DOWN -0.0041