Kinders laat munte reën vir boere

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - “Adam Tas sing in een van sy liedjies van ‘n kort, ronde tannie wat met haar vadoek selfs die droogte verjaag. Hierdie skole wat so inkoop en meemaak, laat my daaraan dink.”

Só het me. Patricia (Patrys) Mostert van die Keetmanshoop Privaatskool (KPS) gister gesê oor die sukses van die geldinsamelingsveldtog vir droogtehulp wat deur dié skool geïnisieer is. KPS het ‘n uitdaging aan skole in die land gerig om die afgelope Vrydag deur muntleggings of ander projekte geld in te samel wat aan Namibië Boere se droogtehulpfonds geskenk kan word. Die Summerdown-boer me. Henriëtte le Grange koördineer hierdie veldtog op Facebook, en tussen 300 en 400 boere in nood het reeds veevoer ontvang.

Volgens Mostert het Elnatan Privaatskool by Stampriet, Pro-Ed Akademie op Swakopmund, Private School Swakopmund, Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP), die Primêre Skool Keetmanshoop, Suiderlig op Keetmanshoop en die Christelike Privaatskool (CPS) op Hentiesbaai die uitdagings aanvaar en Vrydag muntleggings gehou. Ander skole soos Berg-Op Akademie op Okahandja het dit al vroeër gedoen.

Mostert sê KPS se leerlinge het in samewerking met die gemeenskap N$21 782 ingesamel. “Dit vertel iets van die gees van ons land – ons harte klop reg. Of dit ‘n swart vrou is wat ‘n wit baba uit ‘n motorwrak red en of dit kinders is wat geld insamel vir die boere, ons harte klop reg,” sê sy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!