Kindermishandeling: Vrou nog in aanhouding
Elvira Hattingh - Me. Nicolin Hoëses, die voormalige kinderoppasser wat daarvan beskuldig word dat sy die nege maande oue Laila Theron van Outjo mishandel het, se saak sal weer op 15 November in die hof voorkom.
Intussen is sy steeds op Outjo in aanhouding.
Dit volg nadat sy verlede maand in die dorp se landdroshof op klagte van poging tot moord verskyn het en die saak uitgestel is sodat regshulp bekom kan word.
Me. Annemarie Theron, Laila se ma, het gister aan Republikein gesê ’n “klein deeltjie van haar” is bekommerd dat Hoëses wel op borgtog vrygelaat sal word.
Sy het ook gesê hul dogtertjie het sekere “kwessies” waaraan hulle tans aandag gee en dat sy nie seker is of dit dalk as gevolg van die beweerde mishandeling is nie.
“Ons gaan haar nou na ’n dokter in Windhoek neem om te toets of haar ontwikkeling op die regte pad is. Ons het haar voorheen by die dokter gehad, wat vasgestel het sy het nie fisieke letsels van die mishandeling oorgehou nie.
“Tans is dinge nog baie deurmekaar en ons het baie vrae,” het sy gesê. Laila is soggens by ’n skooltjie en namiddae by haar ma.
Hoëses is in September in hegtenis geneem nadat Theron ’n saak van kindermishandeling teen haar gemaak het. Die klag is intussen na poging tot moord verander. Video’s waarin gesien kan word hoe sy Laila mishandel, het toe groot opslae op sosiale media gemaak en dit het eindelik internasionale mediadekking ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie