Kind (3) in park geskiet
Kind (3) in park geskiet

Kind (3) in park geskiet

Die polisiehoof sê of dit nou plaaslike of internasionale toeriste is, daar moet nie op 'n kind geskiet word nie.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Driejarige meisie van Windhoek is tydens 'n skietvoorval Woensdag in die Bwabwata Nasionale Park in die kop geskiet en is in 'n kritieke toestand in die intensiewesorgeenheid in 'n Windhoekse hospitaal nadat 'n lid van die teenstropery-eenheid op haar familie se voertuig losgebrand het.

'n Saak van poging tot moord word deur die polisie ondersoek, het die woordvoerder van die polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, bevestig.

Wat veronderstel was om vakansie vir die Keil-familie - mnr. Harald en me. Teresa Keil (albei 33) en hul twee dogters, Alexia (drie) en Caytlin (twee) - van Windhoek te wees, het Woensdagmiddag in 'n nagmerrie ontaard toe daar op hul wit Toyota Fortuner-voertuig in die park in die Kavango-Oosstreek, waar olifantstropery gereeld voorkom, geskiet is.

Daar is teenstrydighede oor die aard van Alexia se beserings.

Volgens die polisie is sy weens die skietery deur glasskerwe van die linker- agtervenster beseer wat haar kop getref en gesny het, maar volgens haar pa het sy 'n koeël in haar kop.

"Een koeël het my dogter in die kop getref. Dit is steeds in haar kop. Sy is in 'n kritieke toestand in die intensiewesorgeenheid in die hospitaal," het Harald gister aan Republikein bevestig.

Alexia se oupa, mnr. Peter Keil, het gesê die swelling is nog erg en dit moet eers sak voor 'n operasie op haar uitgevoer kan word.

Volgens Kanguatjivi het die voertuig omstreeks 15:00 in die park in die omgewing van die destydse Buffalo-basis gery toe die skietvoorval plaasgevind het.

"Daar word beweer dat 'n lid van die teenstropery-eenheid op die voertuig geskiet het nadat die bestuurder na bewering geweier het dat sy voertuig deur lede van dié eenheid deursoek word en dat hy weggejaag het," het Kanguatjivi gesê.

"Daar word ook beweer dat die voertuig beskadig is weens die skietery en dat 'n driejarige meisie beseer is deur glasstukke van die beskadigde linker- agtervenster. Sy het beserings aan haar kop opgedoen."

Hy kon nie bevestig of die lid van die teenstropery-eenheid deel van die Namibiese weermag, polisie of die ministerie van die omgewing en toerisme is nie en sê die polisie se ondersoek is in volle swang.

Volgens Harald was hulle vir 'n wildbesigtigingsrit in die park en na vyf ure was hulle op pad terug uit die park uit toe mans, geklee in militêre en siviele drag, die pad versper het.

"Ek het gestop en sowat 10 tot 15 mans met gewere het my kar omring. Hulle het nie geantwoord toe ek hulle vra waarom hulle my stop nie. Hulle kon ook geen identifikasie toon wat wys dat hulle van die Namibiese weermag is nie," het Harald gesê.

"Hulle het ons aggressief beveel om uit die kar te klim en geen verduideliking daarvoor gegee nie. Hulle het begin om die deure van die kar oop te maak. Ek het gevoel my familie word bedreig en dit was nie 'n normale soektog nie. Ek het weggery en hulle het begin skiet."

Na bewering is die voertuig deur ten minste agt koeëls getref, maar die polisie kon dit ook nie bevestig nie. Een van die voertuigbande is getref, maar Harald het tot by Divundu op die wiel se velling gejaag.

POLISIEHOOF WEET NIE VAN KOPSKOOT

Volgens die polisiehoof, insp.genl. Sebastian Ndeitunga, is waarskuwingskote wel deur die teenstropery-eenheid geskiet, maar die bestuurder het nie gestop nie.

"Een van die bande is raakgeskiet, maar daar is nie gestop nie. Een van die skote het moontlik die voertuig se venster beskadig wat die meisie aan die agterkant van haar kop beseer het. Die bestuurder het eers by 'n padblokkade by Divundu gestop," het Ndeitunga gesê.

Vir die polisiehoof was dit nuus dat Alexia 'n koeël in haar kop het: "Ek weet nie van 'n koeël nie, dit is nuwe inligting vir my. Hulle is na die Andara-hospitaal geneem en daar is net glasskerwe in haar kop gekry."

Vir Ndeitunga is dit 'n ongelukkige voorval wat plaasgevind het.

"Die mense is toestemming gegee om wild in die park te kyk. Beamptes van die ministerie van die omgewing en toerisme moet die polisie inlig as toeriste in die park ingaan. Alle rolspelers moet inligting deel en beter koördineer sodat ons toeriste veilig in ons parke is. Dit maak nie saak of dit buitelandse of plaaslike toeriste is nie, daar moet nie op 'n kind geskiet word nie. Dit mag nie gebeur nie!" het die polisiehoof benadruk.

Mnre. Harald en Peter Keil is albei werksaam by Westair Maintenance en Peter is 'n bekende vlieënier. Die uitvoerende hoof van Westair Aviation, mnr. Wolfgang Grellmann, het gesê dit was 'n traumatiese ervaring vir die Keil-familie.

Teresa en die twee dogters het Woensdagaand met 'n ambulansvlug van EMed Rescue, wat aan Westair behoort, na Windhoek teruggevlieg waarna Alexia in 'n private hospitaal opgeneem is.

"Peter het Woensdag saam met 'n vlieënier van Westair Bagani toe gevlieg en gister met Harald se voertuig teruggery Windhoek toe, terwyl Harald gister saam met Westair teruggevlieg het," het Grellmann gesê.

Altesaam 101 olifante is verlede jaar in die land vir hul ivoor afgemaai en veral Bwabwata word gereeld deur olifantstropers geteiken. Verlede Vrydag is een vermeende stroper in die park doodgeskiet, twee gewond en een Namibiese man is in hegtenis geneem wat Maandag in die landdroshof op Katima Mulilo verskyn het.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%