Kiewiet en Erna wenspan by TransNamib

13 August 2019 | Sport
Die rolbalklub van TransNamib het laas naweek vir die 18de opeenvolgende jaar sy senior paretoernooi aangebied, met Glenbrynth as hoofborg.

Die toernooi is oop vir rolbalspelers van 50 jaar en ouer, wat in gemengde spanne ('n man en 'n vrou) moet inskryf.

Elke span het Saterdag vier wedstryde gespeel en Sondag twee. 'n Verandering vanjaar was dat die kragmetings vir die eerste ronde op lukrake wyse in 'n trekking bepaal is. Vir die daaropvolgende vyf rondes het die spanne volgens krag teen krag uitgespeel totdat die wenners in die finale ronde bepaal is.

Meer rolbalspelers het egter belang gestel om in te skryf as wat die organiseerders kon hanteer. Die beperkings van die TransNamib-baan is dat net 14 spanne geakkommodeer kon word.

Uiteindelik het sewe spelers van die kus deelgeneem, asook twintig van die hoofstad.

Die wenspan vir 2019 was Kiewiet Rust (TransNamib) saam met Erna Muller (Windhoek-rolbalklub). In die tweede plek was Avril Kotze (Rössmund) en haar seun, Desmond van der Smit (Windhoek-klub).

Die derde plek het aan Willie Esterhuizen en Caryl Andreas (beide TransNamib) behoort, terwyl verlede jaar se wenspan Horst Zimny en Renette de Kock (beide Windhoek-klub) met die vierde posisie tevrede moes wees.

Agter die skerms het TransNamib se reëlingskomitee vir 'n genotvolle toernooi gesorg. Met tye is puik rolbal gespeel en op ander tye was dit nie so wonderlik nie, maar in die aangename warm weer, met heerlike kos, kameraderie en sportmangees het deelnemers die dag ten volle geniet.

Soortgelyk

 

Geingob: Kabinet sien mense se woede oor kurrupsie

2 dae gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend vanjaar se die laaste kabinetsvergadering gelei.Hy sê die land se topleierskap is bewus van die huidige korrupsiestorm in die visbedryf,...

Von Bach, Daan Viljoen kry water

2 dae gelede | Omgewing

Die Von Bachdam is nou 2,5% voller as Maandag. Teen 09:00 vanoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde binnegevloei. NamWater het pas ’n...

NHE to build houses in informal settlement

2 dae gelede | Infrastruktuur

The National Housing Enterprise (NHE) has embarked on a pilot study for the construction of houses for qualified land owners living in informal settlements.Speaking at...

Crafting a future

2 dae gelede | Mense

Elizabeth JosephFrancois Wahl studied B.Acc at Stellenbosch University and is a qualified chartered accountant. Since taking the seat as the CEO of Nictus Furnishers, he...

Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik

2 dae gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het gistermiddag by die aktekantoor in Windhoek beslag gelê op dokumente vir die oordrag van 15 deeltiteleenhede op Swakopmund...

Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl ’n vrou van Otjiwarongo Woensdag gesterf het toe reënwater haar meegesleur het, waarsku die Namibiese weerkantoor nog swaar storms kan tot...

Highly mechanised

2 dae gelede | Mense

Justicia Shipena Vivacious Marco Swart is a mechanical technician in the packaging engineering department at Namibia Breweries Limited (NBL) - a subsidiary of the Ohlthaver...

Compassion is the new fashion

2 dae gelede | Mense

Evany van WykMarizelle Pienaar lives by the motto, “the more you have to do, the more you get done.” She believes in being a balanced...

Never say never

2 dae gelede | Mense

Mariselle StofbergHester Uushona is a firm believer that being average in life is not an option. She strives towards making her mark while providing others...