Kiesuitslag in DRK betwis

Martin Fayulu dien klag in

14 January 2019 | Afrika
Hoewel Felix Tshisekedi, leier van die opposisie in die Demokratiese Republiek van die Kongo, die presidensiële verkiesing gewen het, het die regerende koalisie ’n meerderheid in die algemene verkiesing behaal.

Joseph Kabila, wat reeds 18 jaar aan die bewind is, is die uittredende president van die regerende koalisie.

Dié uitslag sal dit moeilik maak vir Tshisekedi om die beloftes wat hy tydens sy verkiesingsveldtog gemaak het, na te kom.

Dit versterk ook die vermoede dat Tshisekedi se oorwinning, wat Donderdag aangekondig is, bereik is deur ’n ooreenkoms wat Kabila toelaat om invloed oor sleutel-staatsinstansies te behou.

Kabila sal na verwagting in die volgende paar dae sy amp neerlê.

Daar is gehoop dat dit die DRK se eerste demokratiese oordrag van mag in 59 jaar van onafhanklikheid sou wees. Kabila het egter aangedui dat hy in die politiek betrokke wil bly en dat hy homself weer in 2023 as presidentskandidaat verkiesbaar sal stel.

Martin Fayulu, naaswenner in die presidensiële verkiesing, het Saterdag ’n klag by die hoogste hof van die Kongo ingedien om die uitslag te betwis, het ’n veldtog-woordvoerder, Eve Bazaiba, aan Reuters gesê.

Fayulu beweer hy het meer as 60% van die stemme in die verkiesing gewen, en het Tshisekedi daarvan beskuldig dat hy met Kabila ’n ooreenkoms bereik het om as die wenner bekroon te word.

Tshisekedi se kamp ontken so ’n ooreenkoms en sê afsprake is ná die verkiesing met die president se verteenwoordigers gemaak om te verseker dat daar ’n vreedsame oordrag van mag is.

Die uitslag wat betwis word, dreig om geweld in die land te laat opvlam waar miljoene mense sedert die 1990’s in burgeroorloë dood is. - Netwerk24

Soortgelyk

 

Raad sit oor polisiehoof

22nd of May 00:00 | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) sou gisteraand vir mnr. Abraham Kanime as hoof van die stadspolisie heraangestel het.Kanime is in Maart verlede jaar...

Windhoek droogste in 90 jaar

22nd of May 00:00 | Weer

Ronelle Rademeyer - Die 2018-’19-reënseisoen sal vir die oorgrote deel van die land in die geskiedenisboeke opgeteken staan as van die droogste in menseheugenis.Die statistiek...

Katrina se lot gou bepaal

22nd of May 00:00 | Howe

Denver Kisting – Onder gewone omstandighede is die staat se verantwoordelikheid om skuld bo redelike twyfel te bewys.In die geval van die oudgoewerneur van die...

Regstelling oor Zenobia Kloppers

22nd of May 00:00 | Kuns en vermaak

Republikein het gister verkeerdelik berig Zenobia Kloppers, die bekende Namibiese aktrise en sanger wat die hoofrol in die rolprent Fiela se kind losgeslaan het, is...

Minder studente ondersteun

22nd of May 00:00 | Ministeries

Augetto Graig - Die nuus dat bestaande en voornemende studente minder finansiële steun gaan ontvang, is ’n teleurstelling. So sê me. Ester Simon, president van...

Lodge heropen binnekort vir Visrivier-voetslaners

22nd of May 00:00 | Toerisme

Namibia Wildlife Resorts (NWR) se Hobas Lodge het vroeg Februarie kitsvloede ervaar wat tot skade gelei het, maar die lodge sal op 1 Junie weer...

Charles Namiseb eindelik gestraf

22nd of May 00:00 | Howe

Die tweede misdadiger en verkragter wat in 2010 vir die aanval op ‘n bejaarde egpaar van Uis verantwoordelik was, is gevonnis.Die eens voortvlugtige en berugte...

Aansoek vir toerisme-ontwikkeling by Meobbaai

22nd of May 00:00 | Toerisme

Francoise Steynberg - Die Namab-toeragentskap het planne om Meobbaai as toeristeaantreklikheid te ontgin.Die agentskap het ‘n aansoek vir ‘n omgewingsklaringsertifikaat vir die bou van ‘n...

Hulp sonder oordeel

22nd of May 00:00 | Mense

Tanja Bause - “Ek het ‘n verkeerde pad geloop – een van verwoesting. Eendag het ek besef ek kan nie meer so aangaan nie....