Khorixas-kunstenaar wen weer

Die animasiekortfilm Ruby & Roach wat deur ’n veelsydige kunstenaar en boorling van Khorixas geanimeer en geredigeer is, het nóg ’n internasionale toekenning ingepalm.
Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis

Erentia Bedeker kon reeds as ’n internasionaal bekroonde kunstenaar beskryf word toe Ruby & Roach strawwe kompetisie geklop het om met twee toekennings by die Durban Internasionale Filmfees bekroon te word.

Die fliek het die toekennings vir beste Suid-Afrikaanse én beste Afrika-kortflim ontvang. “Ons is baie trots en geëerd met dié twee toekennings en die erkenning wat daarmee gepaard gaan,” het sy in ’n vorige onderhoud met Republikein gesê.

Aangesien die fliek geen dialoog bevat nie, kan die storielyn slegs deur die animasie en klankeffekte uitgebeeld word.

Ruby & Roach is op 31 Desember aangewys as die beste kinderrolprent by die 2020 Tbilisi Internasionale Animasie Fees in Georgië. “Wat ’n goeie manier om die ou jaar af te sluit!” sê Erentia opgewonde.

Ongelukkig kon sy nie die volledige lys inskrywings by die fees te sien kry nie, maar daar was films vanoor die wêreld het – oraloor Europa, Asië en die VSA, vertel sy.

Oor die drie internasionale toekennings wat Ruby & Roach tot dusver ingepalm het, sê Erentia: “Dit voel onrealisties! Dit is heerlik om van so ver af raakgesien te word en te weet my werk is op dieselfde standaard as soortgelyke projekte uit Europa en die VSA.”

Die fliek is ook benoem in die beste animasiekortfilm-kategorie by die Hollywood Art and Movie Awards in Los Angeles, waarvan die uitslae einde Januarie bekend gemaak sal word. Hierbenewens is Ruby & Roach nog by “menige” ander filmfeeste wêreldwyd ingeskryf.

“As jong filmmaker voel ek geweldig trots dat soveel feeste my film raaksien. Dit is geweldig moeilik om iets vars en nuuts te skep in ons digitale era, so dit is maar altyd ’n oë-toeknyp-en-hoop-vir-die-beste-gevoel wanneer jy jou film die wêreld instuur,” het sy vroeër gesê.

Erentia, wat nou in Suid-Afrika werk, is opgewonde om haar passie met haar mede-Namibiërs te deel. Khorixas en Damaraland is glo die bron van inspirasie, direk of indirek, vir baie van haar werk.

“Om films te maak, kan eensaam wees, so alleen in jou donker ateljee. Dis lekker dat Ruby & Roach nou in die kollig kan wees en dat ek dit ook met my landsgenote kan deel. Al werk ek nou hier in Suid-Afrika, is ek in my wortels vir altyd eers ’n kind van die Land of the Brave!”

Gaan kyk gerus op hul Instagram by @rubyandroachmovie of Facebook-blad, Ruby & Roach, na die agter-die-skerms foto’s en video’s van die animasieproses.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.40/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.37% | Zinc US$ 2 867.80/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.82/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 931.41/OZ DOWN -0.0051 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.40/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.37% | Zinc US$ 2 867.80/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.82/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 931.41/OZ DOWN -0.0051