Kersmarkskietery: 3 dood
Die Europese parlement, wat naby die skietery geleë is, is tot verdere kennisgewing gesluit.
Frankryk se teenterrorismevervolger het 'n ondersoek geloods nadat drie mense in Strasbourg in die noordooste van Frankryk Dinsdag by 'n Kersmark doodgeskiet is. Minstens 12 mense is beseer.
Christophe Castaner, Frankryk se minister van binnelandse sake, sê die polisie weet wie die skieter is en hulle soek nou na hom, berig die BBC.
Minstens ses van die beseerdes is ernstig gewond, terwyl die ander ses net ligte beserings opgedoen het.
Castaner sê veiligheid by die grense is opgeskerp, terwyl 350 polisielede na die skieter soek.
Handgranate ontdek
Die polisie het reeds die verdagte (29) se woonstel deursoek en ook op handgranate afgekom.
Die Europese parlement, wat naby die skietery geleë is, is tot verdere kennisgewing gesluit.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie