Kersfees wink vir Windhoek

Augetto Graig
Mnr. Muesee Kazapua, die hoofstad se burgemeester, het die stad se Kersliggies Maandag amptelik aangeskakel.

Die liggies beeld Kerstonele al langs Onafhanklikheidsrylaan in Windhoek se sakekern uit.

Volgens Kazapua is die aanskakel van die liggies ’n jaarlikse tradisie en geleentheid vir Namibiërs om bymekaar te kom en te waardeer dat hulle in ’n land woon waar familiewaardes, vryheid van byeenkoms en van spraak, asook ander voorregte seëvier.

Kersfees is ook ’n tyd om aan die minderbevoorregtes te dink, het hy gesê.

Lekkers is by die geleentheid aan kinders uitgedeel, terwyl bejaardes na afloop van die geleentheid aandete ontvang het.

Drie minderbevoorregte Windhoekers is geïdentifiseer, wat bystand van die munisipaliteit sal ontvang.

Die burgemeester het Namibiërs ’n geseënde Kersfees en ’n voorspoedige 2020 toegewens.

Foto Augetto Graig

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!