‘Kersfees’ vir onwettige loterye verby

Die ministerie het gister 'n werkwinkel vir belanghebbendes in die loterybedryf aangebied om regulasies vir die nuwe wet op te stel.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Kersfees is verby vir diegene wat onwettige sportboerpotte en gelukstrekkings hou en loterykaartjies aan minderjariges verkoop.

Dít wanneer die nuwe Loterywet van 2017 van krag word.

Só het dr. Sem Shikongo, die direkteur van toerisme en dobbelary in die ministerie van die omgewing en toerisme, gister in Windhoek tydens 'n werkwinkel oor regulasies vir die loterybedryf gesê.

Hy het gemaan 'n boete van N$400 000 of tronkstraf van vier jaar of beide kan 'n oortreder opgelê word indien 'n loterykaartjie aan 'n minderjarige verkoop word.

“Dit is ’n oortreding as skoolhoofde en pastore kinders byvoorbeeld loterykaartjies laat verkoop of aan hulle verkoop. Dit is ’n oortreding om minderjariges uit te nooi en toe te laat om aan ’n lotery deel te neem,” het Shikongo gesê.

“Vir algemene ootrederings kan mense wat onwettig aan ’n lotery of sportboerpot deelneem, of dit organiseer, bevorder of voordeel daaruit trek, ’n boete van N$4 miljoen of 20 jaar tronkstraf, of beide kry.”

Hy het ook gemaan oor die maksimum wenbedrag van N$1 miljoen per jaar en verwys na MTC se 888-SMS-kompetisie van N$1,3 miljoen. Vir MTC is dit ook ’n tameletjie om te bepaal of minderjariges aan SMS-kompetisies deelneem.

Voglens Shikongo val die staatslotery, loterye vir liefdadigheid (soos kerke en skole wat basaars, danse en sporgeleenthede hou), private loterye (soos die Wanderers-sportklub), promosie-kompetisies (soos sportboerpotte en gelukstrekkings) onder die nuwe staatsloterywet.

"Gesertifiseerde loterybestuurders mag ’n lotery namens enigiemand bestuur," het hy gesê.

STAATSLOTERY

Shikongo sê in die ministerie van die omgewing en toerisme se department van toerisme en dobbelary, sal die dobbelary-afdeling wegval en ’n nuwe staatsonderneming sal vir die staatslotery gestig word wat die staatsloteryfonds sal beheer en die geld versprei.

Dié staatsonderneming sal uit ’n loteryraad met direksielede, asook ’n uitvoerende hoof, finansiële hoof, regsadviseur, personeelbestuurder, operasionele personeel en inspekteurs bestaan.

“Die staatslotery sal deur die raad self bedryf word, of deur ’n lisensiehouer wat nie ’n staatsamptenaar of ’n politieke amptenaar is nie,” verduidelik Shikongo.

“Indien ’n tender aan ’n lisensiehouer toegeken word, sal die lisensie vir ’n minimum van vyf jaar of ’n maksimum van tien jaar geldig wees, ’n aansoek sal N$50 000 kos en N$10 miljoen moet as rugsteun in die staatsloteryfonds betaal word,” sê Shikongo.

’n Belanghebbende by die werkwinkel het gesê “dit is ’n reusebelegging vir ’n minimum tydperk van vyf jaar".

Shikongo het beklemtoon “ons soek nie kansvatters en opportuniste nie; ons soek ernstige mense wat rekenskap van al die gelde ontvang tydens die staatslotery kan gee”.

Hy sê die geld van die staatsloteryfonds sal deur ’n verspreidingskomitee vir liefdadigheidsdoeleindes, kuns, kultuur en nasionale erfenis, wetenskap en innovering aangewend word, asook vir mense met psigososiale versteurings, wat oorlogsveterane en mense in uniform kan insluit.

“Dit is tyd dat die keiser kry wat hom toekom.”

Shikongo nooi alle belanghebbendes in die dobbelbedryf uit om die regulasies vir die Wet op die Beheer van Dobbelary en Vermaak van 2018 vandag om 09:00 by die Safari Hotel en Konferensiesentrum te bespreek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!