Kerry kritiseer Israel
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, het Woensdag gesê Israel se bouwerk van nedersettings op besette grondgebied stel Midde-Oosterse vrede in gevaar.
Eerlike frustrasie met Amerika se ou bondgenoot, Israel, het Woensdag aan die lig gekom toe die Amerikaanse minister van buitelandse sake, mnr. John Kerry, op die vooraand van sy uittrede uit die Amerikaanse regering, die bou van nedersettings op besette grondgebied deur Israel gekritiseer het.
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het kort daarna Kerry van vooroordeel beskuldig. Hy sê Israel het nie nodig dat buitelandse leiers vir die land preek nie en dat hy uitsien om saam met die aangewese president, Donald Trump, te werk wat onderneem het om meer pro-Israeliese beleidsrigtings te volg.
In ‘n toespraak wat 70 minute geduur het, het Kerry gesê Israel "sal nooit ware vrede ervaar” met die Arabiese wêreld nie indien ‘n ooreenkoms nie bereik kan word waar Israeli’s en Parlestyne in hul eie state woon nie.
Kerry se opmerking en Netanyahu se reaksie is die slothoofstuk van bitter Amerikaans-Israeliese betrekkinge tydens pres. Barack Obama se administrasie oor verskille wat wissel van die bou van nedersettings tot die Iranse kernooreenkoms verlede jaar.
Die betrekkinge het verlede Vrydag ‘n laagtepunt bereik toe Washington die weg gebaan het vir ‘n resolusie deur die Verenigde Nasies waarin geëis word dat Israel die bou van nedersettings staak. Amerika het nie sy vetostem in die Veiligheidsraad gebruik om die resolusie te stuit nie. Dit het tot regstreekse fel kritiek deur die Israeliese regering teen Obama en Kerry gelei.
"Ondanks ons beste pogings oor die jare is die twee-staat-oplossing nou in ernstige gevaar,” het Kerry tydens ‘n toespraak by die ministerie van buitelandse sake gesê. “Ons kan nie, met ‘n skoon gewete, niks doen en niks sê wanneer ons sien dat die hoop op vrede aan die verdwyn is nie.” Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie