Kernwaardes u2013 29 jaar later
Kernwaardes u2013 29 jaar later

Kernwaardes – 29 jaar later

Dani Booysen
Môre, wanneer Namibiërs 29 jaar van vryheid en vrede herdenk, moet daar in alle harte 'n ondersoek wees in hoe 'n mate ons die beginsels verwesenlik het waarop die republiek geskoei is. Asook 'n herverbintenis tot hierdie kernwaardes.

Die taak berus nie net by die regering nie.

Die aanhef tot die Grondwet herinner dat vryheid, geregtigheid en vrede hand aan hand met die erkenning van almal se menswaardigheid en gelyke regte gaan.

Op 21 Maart 2019 sal daar egter opnuut duisende Namibiërs wees wat nog nie daardie waardigheid en gelykheid in hul alle­daagse lewe proe nie. Hoeveel minder sal hulle in 2020 wees?

Naas baie ander regte sonder die aanhef van die Grondwet die reg op geluk uit – ongeag alle verskille. In die najaag van hierdie reg moet medeburgers altyd onthou word.

Die regering se verantwoording aan die nasie binne die demokrasie is 'n ander, sentrale funderingsbeginsel. Hierdie verantwoording bly onder skoot en is 'n plig wat aanhoudend en drasties moet verbeter.

Die Grondwet se voorwoord benadruk inwoners se waardigheid deur middel van herhaling – en skakel dit ten nouste met die nasie se eenheid en integriteit, asook met versoening, vrede en lojaliteit. Die waardigheid moet erken word deur die voorsiening van goeie, basiese dienste aan alle inwoners; 'n taak wat ook nog nie voltrek is nie.

Ons mag nie die pyn en lyding van die verlede op Onafhanklikheidsdag ontken of geringag nie. Minstens ewe belangrik is die eerlike toets of die land nog getrou is aan die prosesse en waardes wat in 1989 en die vroeë jare negentig beslag aan Namibië gegee het.



So sê ander

19 Maart 2019



Utrecht, het motief en de campagne



Drie doden, vijf gewonden. Het is de trieste balans van een maandag vol angst en verdriet.

In een tram in Utrecht schiet een man op medereizigers. Na een intensieve klopjacht is de dader gepakt.

Maar of Nederland nu ook getroffen is door terreur, door moslimterrorisme, is nog steeds niet helemaal duidelijk.

En dat terwijl er maandag, onder andere door premier Rutte, al snel zware woorden werden gesproken over een aanval op de democratie en de open, Nederlandse samenleving. Gaandeweg zwakten betrokkenen hun woorden wel iets af.

Het leek er maandag op dat hij (Rutte) zich al had neergelegd bij het feit dat die terreur nu werkelijk binnen de Nederlandse grenzen gearriveerd was.

Ondertussen is het woensdag verkiezingsdag. De politieke partijen hebben hun campagneactiviteiten versoberd. Terecht wordt door politici uit de breedte van het politieke spectrum gesteld dat het nu niet de tijd is om meningsverschillen uit te vergroten maar om elkaar vast te houden.

Het is te hopen dat politici beseffen dat dit laatste niet alleen geldt in tijden van crises.

Politici moeten, zeker aan de vooravond van verkiezingen, beseffen dat niemand er bij gebaat is dat de angst in de maatschappij wordt aangewakkerd.

• REFORMATORISCH DAGBLAD

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!