Kernkenner gesels oor nuwe uraanmyn

10 November 2005 | Kollig
\nEARTHLIFE Namibië versterk tans sy aktiwiteite om die omgewings- en maatskaplike uitwerking van die uraanmyn by die Langer Heinrich in die Namib Naukluft Park duidelik te stel.
\nBehalwe omstrede besprekings wil dié organisasie graag relevante bydraes lewer oor die potensiaal en risiko\'s van mynaktiwiteite deur die Australiese maatskappy Paladin Resources. In lyn hiermee het Earthlife \'n Suid-Afrikaanse kenner, dr. David Fig, genooi om \'n lesing aan te bied met die tema \"Hoekom word die ontginning van uraan in \'n nasionale park toegelaat?\"
\nDié tweede uraanmyn, wat in die Naukluft, \'n reuse-toeriste aanloklikheid, naby Blutkuppe geleë is, sal na verwagting in September 2006 begin produseer.
\nPaladin Resources se mynlisensie is in Julie vanjaar deur die Ministerie van Mynwese en Energie goedgekeur, nadat \'n finale en kommerwekkende omgewingsimpakstudie in April uitgereik is en in Julie aan die breë publiek bekend gestel is.
\nDie toonaangewende Duitse Instituut van Toegepasde Ekologie (Öko Institut) het Earthlife bygestaan in die evaluering van Paladin se omgewingstudie. \'n Paar ernstige tekortkominge is deur dié instituut geïdentifiseer.
\nDit is juis te danke aan dié evaluasie dat dr. Fig genooi is om sy mening te deel.
\nDr. Fig beskik oor \'n omvattende agtergrond as wetenskaplike en sosioloog aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg. As \'n aktivis met baie ondervinding, beskik hy oor uitstekende kennis van omgewingsake, veral wanneer dit kom by die kernbedryf.
\nHy is die skrywer van talle geskrifte en boeke oor kernenergie en die uitwerking daarvan. Vroeër vanjaar het sy jongste boek, Uranium Road: Questioning South Africa\'s Nuclear Direction, die lig gesien.
\nDr. Fig bied twee lesings aan: een in Windhoek, aanstaande Maandag by die gemeenskapsentrum op die hoek van Bismarck- en dr. W. Külzstraat (naby Game), en \'n tweede op Dinsdag 15 November by die Namib Primêre Skool in Swakopmund. Albei geleenthede begin om 19:00 en toegang is gratis.
\nEarthlife Namibië verwag \'n energieke lesing en gepaardgaande bespreking op \'n breë grondslag met verskeie vrae, spesifiek in terme van gesondheidsgevare vir werkers, toeriste en inwoners, asook die potensiële uitwerking op die omgewing, insluitend op die landbou, die veiligheid van water en kragtoevoer, die handhawing van beloftes deur die bestuur van LHU, ernstige tekortkominge in die omgewingsimpakstudie en nog baie meer.
\nKontak 081 293 8085 of [email protected] vir meer inligting.\n

Soortgelyk

 

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

2 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

4 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

4 ure gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

5 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

9 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

19 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

19 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

19 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...