Kerke vergelyk aborsie met volksmoord
Kerke vergelyk aborsie met volksmoord

Kerke vergelyk aborsie met volksmoord

Godsdienstige groepe wat teen die wettiging van aborsie gekant is, voer aan vroue het geen reg om hul swangerskappe te beëindig nie.
Ester Kamati
Ester Kamati – Die Alliansie van Christelike Kerke in Namibië (ACCN) het verlede Vrydag – tesame met die Koalisie van Kerke, die Raad van Kerke in Namibië (CCN) en ander godsdienstige groepe – 'n media­konferensie gehou om die wettiging van aborsie in Namibië openlik te verwerp.

Die voorsitter van die ACCN, me. Dolly Nengushe, het aborsie as 'n “bedekte vorm van volksmoord” beskryf.

“Deur die koloniale era van volksmoord is baie bloed in Namibië se geskiedenis gestort, en die wettiging van aborsie is net 'n nuwe bedekte vorm van volksmoord op onskuldige lewens wat sonder rede sterf, behalwe vir die voordeel van onsedelike, selfsugtige en opsetlike dade en swak keuses.”

Nengushe het bygevoeg die huidige aborsiewet is nie 'n skending van 'n vrou se seksuele gesondheid of liggaamlike outonomie nie, aangesien dit vroue se lewens in “lewe-of-dood-situasies” beskerm.

“Ons neem 'n sterk standpunt in om die bestaande wet in plek te hou.

“Die kerk het 'n morele verpligting en ons sal nie stilbly nie, want ons stilswye sal beteken ons stem saam met hierdie gruwel teen ongebore lewens. Om stil te bly oor gruweldade is boos – dié wat stilbly, word ewe skuldig aan die boosheid as diegene wat die daad pleeg.

“Die alliansie is nie teen wysigings nie, solank die wysigings nie 'n vrypas gee om ongeborenes dood te maak en die gesinseenheid af te breek nie,” het Nengushe gesê.



'MISLEIDEND'

Me. Morasha Magazi, die stigter van Foetus Lives Matter ('n nuwe beweging wat deur jong Christenmeisies op die been gebring is), het gesê babas moet nie weggegooi word omdat hulle op 'n ongeleë tyd kom nie.

“Ons vind dit afgryslik dat die aandrang op die wettiging van aborsie onder die dekmantel van pro-keuse, vroueregte, reproduktiewe regte en reproduktiewe geregtigheid voorgehou word, terwyl dit in der werklikheid 'n aandrang op moord is.

“Ons veroordeel moord om gerieflikheidsonthalwe ten sterkste. Enige wet wat aborsie wettig, is direk strydig met en 'n skending van ons Grondwet,” het Magazi gesê.

Sy het benadruk jong meisies het 'n behoefte aan dienste, huise en instansies waar leiding en berading beskikbaar is.



VERKEERD

Dr. Shirley Magazi, die leier van die Koalisie van Kerke en Organisasies oor Etiese Maatskaplike Geregtigheid, het gesê aborsie is nie 'n reproduktiewe gesondheidsreg nie en dus nie 'n vrouereg nie.

Magazi het gesê aborsie as 'n opsie dra by dat meer mans weier om verantwoordelikheid te aanvaar.

“Aborsie lei tot 'n uitgebreide adolessensie van mans wat weier om te trou en verantwoordelikheid te aanvaar. Dit lei weer tot kriminele gedragspatrone, waaronder dwelmmisbruik.”

Sy het ook gesê die wettiging van aborsie sal tot ontvolking lei, en gesê 'n verlaagde vrugbaarheidsyfer sal die ekonomie van enige land beïnvloed. Magazi het 'n dringende beroep op kerke gedoen om hul deure vir weggooibabas oop te maak. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!