Kerk hou lidmate glo agter slot en grendel

Die polisie het by 'n kerk in Katutura toegeslaan waar siekes moes inwoon om met heilige olies behandel te word.
Augetto Graig
Augetto Graig en Ronelle Rademeyer



Die Namibiese polisie was tot laat gister nog besig om lidmate te ondervra oor vermeende ongerymdhede by die kerk van die Fountain of Living Waters Ministries in Freedomland, Katutura, waar minstens 15 mense aangehou is.

Inligting het gister aan die lig gekom oor past. Jacques Kanye­mesha Sumpi, oorspronklik van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), se vermeende houvas op lidmate wat ter wille van genesing by die kerk moes bly en nie toegelaat is om huis toe te gaan nie.

Sumpi beskryf homself op sy webjoernaal, thebattleofconquest.wordpress.com, as “'n man van reusagtige integriteit, geloofwaardigheid, met 'n goeie begrip van God se woord, diepe openbaring en volwassenheid in die verborgenhede van die geloof”.

Teen druktyd is geen klagte nog teen hom ingedien nie.

Die polisie het Sondagaand omstreeks tienuur toegeslaan nadat bekommerde familielede van lidmate die polisie ontbied het. Daar is minstens 15 lidmate die nag daar aangehou.

Volgens hoofinsp. Christina van Dunem Dafonsech is die polisie Sondagaand na die toneel ontbied toe familielede nie toegang tot hul kinders kon kry nie. Die kerk was toegesluit en die polisie moes die deur oopbreek om in te gaan. Sumpi is in die proses lig beseer, het sy bevestig.

Hy het gister by die toneel aan joer­naliste gesê hy weet nie hoekom hy geslaan is nie en ook nie hoekom hy geboei is nie.

Me. Rita Hengari, 'n tante van een van die lidmate, het aan Republikein se susterskoerant Namibian Sun gesê haar niggie is reeds vir sowat vier jaar 'n lid van die kerk. Sy het kort ná die geboorte van haar driejarige kind aangesluit.

“Sy het vir ons gesê die pastoor het daarop aangedring dat sy by die kerk bly sodat hulle haar ná haar geboortepyne kan genees. Ons het haar net af en toe gesien. Toe ons haar verlede maand gesien het, het sy gesê haar foon sal af wees, want sy is by die kerk,” het Hengari vertel.

Een van die lidmate, wat anoniem wil bly, het op die toneel aan Republikein vertel die gemeente het soos normaalweg Sondag van 15:00 tot 17:00 diens gehou het. Hy sê hulle het daarna begin bid - soos hulle maak sedert hy vyf jaar gelede aangesluit het - toe iemand 'n familielid kom soek het.

Tienuur die aand het die polisie toegeslaan deur die kerk oop te breek, sê hy. Volgens dié 23-jarige gemeentelid is die pastoor geslaan omdat “hy te lank geneem het om sy skoene aan te trek”. Hy sê hulle is nie ingelig waarom die polisie daar is nie. 'n Lasbrief is ook nie getoon nie.

Dafonsech sê die polisie het rede gehad om die kerk binne te gaan en dit was nie nodig vir 'n lasbrief nie. Sy sê die soektog is binne die polisie se magte uitgevoer. Volgens haar het Sumpi baie kerke in Namibië en is hy al 'n tyd lank op die polisie se radar.

Dafonsech sê die kerk het geen register van sy lidmate nie en “geheimsinnige genesing” word daar aangebied. “Mense wend hulle hierheen vir genesing met behulp van heilige olies. Daar is mense wat deur hierdie praktyke benadeel word,” sê hy. Botteltjies gevul met olie en emmers vol sand is in die kerk gevind.

Volgens haar het die polisie twee vermiste kinders toegesluit in 'n omskepte vraghouer op die perseel gevind. Sy sê die polisie wil weet hoekom die perseel waar die kerk is, toegesluit word en hoekom mense binne die kerk weggekruip het. “Die mense word nie toegelaat om met ons te praat nie,” het Dafonsech bygevoeg. Teen druktyd gister was die polisie nog besig met die ondervraging van lidmate.

Die burgemeester van Windhoek, mnr. Muesee Kazapua en die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura McLeod-Katjirua, was ook vroeg gisteroggend op die toneel om ondersoek in te stel. Volgens Kazapua kon hy met sy aankoms sien dat die kerkleier mense agter hekke en 'n toegespande heining hou.

Hy sê lidmate het gebeure binne die kerk geheim gehou en hul familielede is ook nie toegelaat om met hulle te kommunikeer nie. Kazapua sê lidmate van die kerk is ook aangemoedig om hul werk te bedank. “Hierdie mense glo meer in die pastoor as in God, omdat hulle glo dat die pastoor wonderwerke kan doen,” sê die burgemeester.

“Die kerk word internasionaal gefinansier; die situasie is belaglik. As 'n gemeenskapsleier kan ek nie stilbly nie. Ek dink ons sal drastiese stappe in die toekoms moet doen,” sê hy.

Dafonsech het bevestig dat die hoof van die forensiese afdeling van die Namibiese polisie, dr. Paul Ludik, ook by die ondersoek betrek is.

“Van die sieklike lidmate sal hospitaal toe geneem word; of hulle nou wil of nie,” het sy laat gister gesê. Volgens haar het Sumpi aan die lidmate gesê as hulle die perseel verlaat, sal hulle sterf.

Intussen het mnr. Ludwig Beukes, algemene sekretaris van die Raad van Kerke in Namibië (CCN), gister by navraag gesê dié kerk, asook die gebeure daar is vir hom nuus. Beukes sê hy het nog nooit van hulle gehoor nie.

Sumpi is benewens hoof van dié kerk, ook president van AgapaTV, 'n kanaal wat gebruik word om sy preke uit te saai.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.63/OZ DOWN -0.0007 | Copper US$ 4.51/lb UP +1.64% | Zinc US$ 2 880.40/T UP 2.61% | Brent Crude Oil US$ 87.42/BBP DOWN -0.0066 | Platinum US$ 896.38/OZ DOWN -0.0064 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.63/OZ DOWN -0.0007 | Copper US$ 4.51/lb UP +1.64% | Zinc US$ 2 880.40/T UP 2.61% | Brent Crude Oil US$ 87.42/BBP DOWN -0.0066 | Platinum US$ 896.38/OZ DOWN -0.0064