Kenyatta reik hand na verloorder uit
Kenyatta reik hand na verloorder uit

Kenyatta reik hand na verloorder uit

Uhuru Kenyatta het meer as 50% stemme verwerf - sowat 10% meer as sy grootste teenstander.
Carien du Plessis - Keniane het die nuus van die herverkiesing van pres. Uhuru Kenyatta Vrydagaand laat met gemengde gevoelens begroet. Daar was feesvieringe, openlike verwerping van die uitslae deur die opposisie, maar ook verligting dat die verkiesing grootliks vreedsaam verloop het.

Kenyatta het 54,3% van die stemme op hom verenig en Raila Odinga, sy vernaamste teenstander, 44,7%. William Ruto sal weer die adjunkpresident wees.

In Kenyatta se eerste toespraak ná sy oorwinning het hy na Odinga uitgereik.

“Ons is nie vyande nie – ons is almal inwoners in een republiek. In elke kompetisie is daar wenners en verloorders, maar ons is almal deel van een groot nasie genaamd Kenia. Ek reik my hand van vriendskap, samewerking en vennootskap uit, want dit is vir ons land noodsaaklik dat ons almal saamwerk,” het Kenyatta gesê.

Odinga se Nasionale Superalliansie (Nasa) het Donderdag reeds beweer daar was grootskaalse knoeiery met die verkiesingsuitslae en dat hý eintlik die wenner was.

Die moord op die rekenaarhoof van die Keniaanse verkiesingskommissie, Chris Msando, ’n week voor die verkiesing, het vrese laat ontstaan dat daar met die uitslae gekonkel gaan word.

Teen gister het Odinga steeds nie aanvaar hy is verslaan nie en daar was aanduidinge dat Nasa die uitslae hof toe gaan neem. Nasa beweer daar is elektronies by die verkiesingsdatabasis “ingebreek”, maar verkiesingswaarnemers kon geen bewyse hiervoor vind nie.

Oudpres. Thabo Mbeki, wat een van die Afrika-unie se waarnemers in Kenia was, het Nasa vermaan om die regte prosedure te volg eerder as om openbare geweld aan te hits.

Teen gistermiddag het daar volgens die Keniaanse menseregtekommissie reeds minstens 24 mense in polisieoptrede ná Dinsdag se verkiesing gesterf. Vuurwapenskote het ook opgeklink. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!