Kenners verdeeld oor parlement

LP's en mediese kenners is dit nie eens dat dié wetmakende liggaam aanstaande week sy werksaamhede moet hervat nie.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die nuus dat die Nasionale Vergadering (NV) aanstaande week sy werksaamhede hervat, word met gemengde reaksie begroet.

Dr. Bernard Haufiku, die presidensiële gesondheidsraadgewer, sê dit wil voorkom asof die parlement wel sal voldoen aan die vereiste gesondheidsregulasies wanneer LP's volgende week terugkeer.

Hy sê: “Wel, dit blyk te voldoen aan die reëls en regulasies van die noodtoestand en die pogings om die gesondheidsrisiko's te verminder, soos om sosiale afstand te handhaaf.”

Haufiku sê hy hoop almal sal maskers dra, hul liggaamstemperatuur getoets en hul hande ontsmet word voor hulle die vertrek binnegaan.

“Dan is dit glad nie 'n slegte idee nie. Ons moet stadig maar seker sommige 'nuwe normaal'-aktiwiteite instel. En om die parlement te laat sit, kan een van die inisiatiewe wees wat relatief maklik beheer kan word.”

Volgens hom moet die lewe aangaan. “Die parlement moet vergader omdat wette deurgevoer moet word, insluitend die tertafellegging van die begroting sodat ons ononderbroke kan begin met van die ontwikkelingsprojekte, -programme en -werksaamhede.”

Mnr. David Nahogandja, die woorvoerder van die NV, het verlede week bevestig die wetmakende liggaam hervat volgende Dinsdag sy werksaamhede.

Logistieke reëlings is getref om te verseker die sittings voldoen aan die noodtoestandregulasies en die aanbevelings van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), lui 'n kennisgewing op hul webwerf.

Volgens dié kennisgewing sal die NV-kamers en een van die parlement se konferensiesale gebruik word en voorsiening is gemaak vir telekonferensies.

Ofskoon 104 lede op kamers gehuisves kan word, sal net 49 LP's daar sit sodat sosiale afstand gehandhaaf kan word. Dit is die aantal mense wat vereis word om 'n kworum te vorm.

Mnr. Graham Hopwood, 'n politieke ontleder, sê hy sien uit na die hervatting van parlementêre sittings.

“Hopelik sal die begroting die eerste item op die agenda wees. Ek verneem ook die wetsontwerp op toegang tot inligting is vir dié sitting geskeduleer.”

Die minister van finansies, mnr. Ipumbu Shiimi, het bevestig die begroting word aanstaande week ter tafel gelê.

Mnr. Bernadus Swartbooi, die leier van die Landless People's Movement (LPM), sê 'n ooreenkoms is reeds vroeër bereik, waarvolgens die NV – onderworpe aan soortgelyke vereistes – reeds op 21 April sy werksaamhede sou hervat.

Hy beweer dié besluit is sedertdien onregmatig omgekeer.

Swartbooi sê die LPM het in elk geval ook 'n beroep gedoen dat die regulasies die NV toelaat om met meer as tien mense te vergader.

Mnr. Mike Kavekotora, leier van die Rally for Democracy and Progress (RDP), sê hy is “vir seker” bekommerd die hervatting van die parlement sal sy gesondheid in gevaar stel.

Hoewel die hervatting van die NV syns insiens “nie so 'n slegte idee is nie, is die risiko wat ons loop nie bereken nie. Ons moes deeglike toetsing oraloor in die land gedoen het om die risiko te bepaal, maar dít het nie gebeur nie. Daar is geen wetenskaplike bewyse om ons in enige rigting te begelei nie”.

Dr. Esther Muinjangue, wat enersyds die leier van die National Unity Democratic Organisation (Nudo) is maar ook die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, sê die NV speel 'n noodsaaklike rol.

Mits daar aan alle regulasies voldoen word, behoort sittings te hervat, sê sy.

“Dit is baie belangrik om 'n balans te handhaaf tussen die beskerming van lewens en te verseker die administrasie (van die land) word nie tot stilstand geruk nie.”

Dr. Lilliane Kahuika, 'n plaaslike epidemioloog, sê sy verstaan nie hoekom die NV te midde van die heersende noodtoestand in persoon moet hervat nie.

Dr. Armid Azadeh, 'n openbaregesondheidskenner, sê wat hom betref, blyk daar geen vlak van gemeenskapsoordrag van Covid-19 in Namibië te wees nie.

Daarom, sê hy, behoort dit reg te wees vir die parlement om sy werksaamhede te hervat. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42%