Kenia verras vrouespan
Kenia verras vrouespan
Hokkie
13 August 2019 | Sport
Die Namibiese vrouehokkiespan se aanslag op Olimpiese kwalifisering is gisteroggend 'n gevoelige slag toegedien met 'n onverwagse nederlaag van 1-0 teen Kenia.
Die Afrika-toernooi op Stellenbosch dien om een kontinentale kwalifiseerder in beide die mans- en vroue-afdelings na die 2020 Olimpiese Spele in Tokio te bepaal.
Grace Makokha het die Oos-Afrikane se wendoel in die derde kwart (44ste minuut) aangeteken.
“Ons het die wedstryd oorheers, maar ons het nie ons kanse benut nie. 'n Paar oordeelsfoute in besluitneming by die hoekhoue en in die doelsirkel het ons duur te staan gekom,” het die Namibiese afrigter Erwin Handura agterna laat weet.
Die vrouespan onder kapteinskap van Magy Mengo se volgende wedstryd is eers Donderdag, wanneer hulle om 15:00 hul tweestryd met Suid-Afrika hervat.
Namibië het in onlangse tye die Suid-Afrikaners uitgestof deur in die binnenshuise spel vir kwalifiserende plekke vir groter toernooie op te raap, maar in veldhokkie kon die buurland sover daarin slaag om sy oorheersing vol te hou.
Ghana en Zimbabwe is die ander twee vrouespanne teen wie Namibië onderskeidelik Saterdag en Sondag opgeweeg word.
• Die uitslag van die Namibiese mans se openingswedstryd gister teen Suid-Afrika was teen druktyd nie bekend nie. Die ses spanne in die manskompetisie speel ook op 'n rondomtaliegrondslag (Suid-Afrika, Namibië, Ghana, Zimbabwe, Egipte en Kenia).

Soortgelyk
Geingob: Kabinet sien mense se woede oor kurrupsie
2 dae gelede | Regering
Von Bach, Daan Viljoen kry water
2 dae gelede | Omgewing
NHE to build houses in informal settlement
2 dae gelede | Infrastruktuur
Crafting a future
2 dae gelede | Mense
Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik
2 dae gelede | Misdaad
Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag
2 dae gelede | Weer
Highly mechanised
2 dae gelede | Mense
Compassion is the new fashion
2 dae gelede | Mense
Never say never
2 dae gelede | Mense
Kleinadvertensies