Kenia in Augustus na stembus
Kenia se regerende party het in sy verkiesingsmanifes verskeie beloftes gemaak.
Kenia se president Uhuru Kenyatta, die hoof van die Jubilee Party, wil 'n tweede en finale vyfjaartermyn as staatshoof behaal in die verkiesings wat op 8 Augustus plaasvind.
Kiesers sal vir 'n president, wetgewers en plaaslike verteenwoordigers stem.
Openbare debatte fokus op maatskaplike dienste en lewenskoste, met sommige kiesers wat volgens stam-alliansies sal stem. Meer as 1 200 mense is ná die 2007-verkiesings dood toe politieke protes etniese geweldpleging uitgelok het.
Kenyatta se hoofteenstander, die veteraanopposisieleier Raila Odinga, staan aan die hoof van die National Super Alliance, 'n koalisie van opposisiepartye wat nog hul manifes moet publiseer.
In 'n nuwe verkiesingsbelofte beloof die Jubilee Party gratis gehalte, primêre gesondheidsorg aan alle Keniane; gratis sekondêre onderwys; bekostigbare behuising en dat elke Keniaan teen 2020 toegang tot die elektrisiteitsnetwerk sal hê.
Kenyatta, die welvarende 55-jarige seun van die land se eerste president, sê hy sal moedersterftes verminder, toesien dat 'n devolusie van mag geskied, nuwe paaie bou en 'n nuwe Chinees-geboude spoorlyn open wat die Mombasa-hawe aan die hoofstad, Nairobi, verbind.
“Werkskepping is die hart van die volgende Jubilee-administrasie se prioriteite,” skryf hy in die voorwoord van die manifes.
Moedersterftes is sedert 2003 aan die afneem in Kenia en die Kenya Power Company het 6,1 miljoen kragverbindings, vergeleke met die 2,26 miljoen in Maart 2013, net voordat Kenyatta aan bewind gekom het. Baie nuwe paaie is gebou en die eerste fase van die spoorlyn is verlede maand geopen.
Kenia se ekonomie het verlede jaar met 5,8% gegroei, ver bo die gemiddeld van 1,3% in Afrika suid van die Sahara.
Tog staar die land baie uitdagings in die gesig, waaronder die lewenskoste. Die inflasiesyfer vir Mei was 11,7%, die hoogste in vyf jaar. Hoë pryse en 'n droogte in die streek het 'n nasionale tekort in die stapelvoedsel mieliemeel meegebring.
Die manifes beklemtoon ook vordering met gesondheidsorg, maar Keniaanse dokters het in Desember met 'n vier maande lange staking oor swak salarisse en werksomstandighede begin. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie