Kenia: 12 vas nu00e1 aanval
Kenia: 12 vas nu00e1 aanval

Kenia: 12 vas ná aanval

Owerhede in Kenia ondersoek die moontlikheid dat die terreurgroep Al-Sjabaab dieper in gemeenskappe gewortel is as wat voorheen vermoed is.

Daar is nou 12 mense in hegtenis geneem. Van hulle moet nog in die hof verskyn, berig ABC News.

Reuters berig al die mense wat van terrorisme verdink word, is egter nie etnies Somalies nie. Dit sou daarop kon dui dat militantes hulself dieper in die samelewing inburger, selfs al het die land verskeie maatreëls ingestel om dit te verhoed.

Min inligting is bekend gemaak oor die vyfmanskap wat die aanval uitgevoer het. Blykbaar is een van die verdagtes ’n Kanadese burger.

’n Vrou word glo ook ondersoek omdat sy moontlik by onwettige wapenhandel betrek kan word.

Netwerk24 het berig Al-Sjabaab, ’n Somalies gebaseerde affiliaal van Al-Kaïda, het verantwoordelikheid aanvaar vir Dinsdag se aanval op die DusitD2-hotel waarin 21 mense dood is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!