Ken Nam soos jou eie naam, su00ea Geingob
Ken Nam soos jou eie naam, su00ea Geingob

Ken Nam soos jou eie naam, sê Geingob

Pres. Hage Geingob sê diplomate moet nuwe ontwikkelingsvennote vir die land vind.
Denver Kisting
Denver Kisting – Namibiese diplomate moet tydens hul ampstermyne nismarkte vir plaaslike produkte vind.

Hiernaas moet hulle daaraan werk om meer toeriste na die land te lok.

Die nuwe ambassadeurs en hoë kommissarisse moet ook seker maak hulle is vertroud met die statistiek van die land. “Moenie as julle gevra word wat is die land se bruto binnelandse produk (BBP), sê julle weet nie. Julle moet die land ken soos julle jul eie name ken.”

So het pres. Hage Geingob gister by Staatshuis gesê toe hy 14 nuwe diplomate afgesien het.

Onder dié tel sy eertydse woordvoerder, mnr. Albertus Aochamub, wat op pad is om die diplomatieke leisels in Parys, Frankryk, oor te neem.

Aochamub, op sy dag ook ’n direkteur-generaal van die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC), het tot onlangs waargeneem as die uitvoerende hoof van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC).

Pres. Geingob het gister aan die aangewese diplomate gesê hy steun swaar op hulle om die goeie betrekkinge met die gasheerlande in stand te hou.

Hy sê die eed wat die diplomate afgelê het, is ’n openbare verklaring om die soewereiniteit en territoriale integriteit van die land te alle tye gestand te doen.

Geingob sê hy verwag van die verteenwoordigers om hul gasheerlande eerlik en gereeld op die hoogte te hou van ekonomiese geleenthede en ander verwikkelinge op die tuisfront. “Die nasionale belang van Namibië en die welstand van sy mense moet die grondslag vorm van al jul bedrywighede,” het hy gesê.

Die staatshoof het benadruk Namibië se buitelandse beleid is ’n verlenging van die land se huishoudelike beleid.

Die maatskaplike en ekonomiese welstand van alle Namibiërs is daarom van uiterste belang, sê hy.

Van die ander diplomate sluit in die oud-voorsitter van die Nasionale Raad (NR), mnr. Asser Kapere, wat op pad is Botswana toe.

Mnr. Samuel /Goagoseb, wat tot onlangs diens gedoen het as permanente sekretaris (PS) by Staatshuis, gaan die land in Kuba verteenwoordig.

Die PS van binnelandse sake en immigrasie, amb. Patrick Nandago, gaan in naburige Angola diens verrig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!