Keetmanshoper skuldig aan mesmoord
Volgens die regter bevat Andrew Britz se getuienis te veel teenstrydighede om redelik moontlik waar te kan wees.
Jacqueline Louw - Die man wat sy meisie met 'n mes aangeval het terwyl sy langs haar vriendin in die bed gelê het, is gister skuldig bevind aan moord.
Regter Christie Liebenberg het gister in sy uitspraak gesê me. Christellah Minnie, die staatsgetuie wat teenwoordig was toe Andrew Britz sy vriendin, die 44-jarige me. Juliana Garises, die nag van 11 tot 12 Desember 2013 met 'n mes aangeval het, steeds samehangend en rasioneel op dié noodlottige nag was, hoewel sy alkohol gebruik het.
Regter Liebenberg het hierdie gevolgtrekking gemaak na aanleiding van Minnie se getuienis waarvolgens sy nie op die nag van die moord rondgeslinger het nie, maar regop geloop het.
Mnr. Petrus Swartbooi het ook tydens die verhoor getuig Minnie was nie die aand van die moord buitensporig onder die invloed van alkohol nie.
“As sy dronk is, raas sy,” het hy gesê.
Die mate waarin Minnie se alkoholinname haar geloofwaardigheid as getuie beïnvloed het, was 'n belangrike faktor in die moordverhoor se uitkoms omdat sy tydens die moord teenwoordig was.
Britz, wat tydens die verhoor onskuldig gepleit het, het aangevoer hy was nie tydens die moord teenwoordig nie.
Volgens hom het die oorledene, met wie hy in 'n romantiese verhouding was, hom versoek om na sy eie huis te gaan, wat hy toe wel gedoen het.
Minnie het egter getuig sy en Garises, wat in 'n verhouding met Britz én 'n ander man was, het gereed gemaak om te gaan slaap toe Britz, wat buite gerook het, die kamer binnegekom het.
Sy het getuig Garises het Britz se toenadering verwerp en aan hom gesê sy is steeds lief vir die ander man.
Hierop het Britz gesê as hy haar nie kan hê nie, kan niemand haar hê nie.
Hy het haar daarna agt keer met 'n mes in die bors gesteek.
Regter Liebenberg het gesê Britz se getuienis oor sy doen en late die nag van die moord bevat teenstrydighede en daar bestaan geen redelike moontlikheid dat sy getuienis waar is nie.
Britz is skuldig bevind aan moord met direkte opset.
Betoë vir vonnisoplegging sal op 20 November aangehoor word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie