Keetmanshoop-hoë op verpligte verlof

Die munisipaliteit op Keetmanshoop het sy uitvoerende hoof op drie maande admi­nistratiewe verlof geplaas om verskeie beweerde korrupsie-aantygings ongehinderd te ondersoek.
Yandi Du Plessis
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop



Die munisipaliteit op Keetmanshoop het mnr. ­Reginald Brandt as waarnemende uitvoerende hoof aangestel nadat die huidige uitvoerende hoof, mnr. Desmond Basson, weer in die sop is ná korrupsie-aantygings.

Na verskeie beweerde pogings van Basson om die nuwe dorpsraad te oortuig om ongemagtigde uitgawes goed te keur, is hy nou op drie maande administratiewe verlof om 'n ongehinderde en deursigtige ondersoek na verskeie beskuldigings van korrupsie te verseker.

Volgens 'n bron is ­verskillende ­betalings gemaak sonder die mede­wete en toestemming van die vorige raad, wat verdere ondersoek ­genoodsaak het.

Die munisipaliteit het sy besluit bekend gemaak na 'n raadsvergadering op 23 April. Die raad het 'n private konsultant aangestel om transaksies met Maximum Profit Namibia te ondersoek.

Die Landless People's Movement (LPM) se voorsitter van die bestuurskomitee, mnr. Easter Isaaks, het gesê hulle sal teen Basson optree sodra hulle die feite kan bevestig.



VERLEDE BLY BY BASSON

Minder as 'n jaar gelede is Basson amper in die pad gesteek weens soortgelyke aantygings, waar onder 'n diensooreenkoms wat, sonder die raad se toestemming, met die ­BTW-rekonsiliasiespesialis MaxProf (Edms.) Bpk. ­onderteken is en die raad ongeveer N$1,5 miljoen gekos het.

In 2020 is Basson daarvan ­beskuldig dat hy in 2017 'n skuld­invorderingstender aan ­Redforce Debt Management toegeken het. Die dorpsraad beweer dit is sonder goedkeuring gedoen.

In 2018 het Basson glo verskeie erwe aan Duma Tau Property-­ontwikkelaars gegee sonder ­ministeriële goedkeuring.

Tussen die boekjare 2015-'19 het die raad 'n verlies van ongeveer N$37,1 miljoen opgebou.

Verder het die oortyduitgawes teen einde Februarie verlede jaar meer as N$300 000 beloop.

Keetmanshoop se ­munisipaliteit moes verlede week weer in die Windhoekse hoërhof verskyn. Verdere getuieverklarings sal metter­tyd bekend gemaak word.

Pogings om Basson om kommentaar te nader, was onsuksesvol.

 - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!