Keetmans: N$14 m. waterskuld

Munisipaliteit oefen druk op inwoners uit

26 March 2021 | Regering
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop – In 'n wending in die Keetmanshoop-munisipaliteit se wan­betaling aan NamWater, het die uitvoerende hoof van die munisipaliteit, mnr. Desmond Basson, onlangs 'n ­memorandum aan die departement van finansies gestuur en hulle versoek om geen inwoners se dienste af te sny nie.

Sommige raadslede, insluitend die burgemeester van dié dorp, mnr. Maree Smit, het hul ongelukkigheid uitgespreek aangesien hulle nie oor die sperdatum van 19 Maart – vir die opskorting van dienste – ingelig is nie.

“Die vergadering het ooreengekom die proses moet voortgaan om druk op inwoners uit te oefen om te betaal sonder om hul dienste te sny,” lui die memorandum.

Die munisipaliteit het onlangs sy stilswye verbreek oor die uitstaande munisipale rekening van N$14 miljoen wat nog aan NamWater verskuldig is.

NamWater het gedreig om die watertoevoer af te sny van almal wat nog uitstaande skuld het.

Dit is tydens 'n gemeenskaps­vergadering onder leiding van Smit aangekondig.

'n Faktuur wat NamWater met die munisipaliteit gedeel het, wys dat die dorpsraad N$14 miljoen skuld. Hulle is gewaar­sku om N$3,5 miljoen teen 19 Maart te betaal, anders sal die watertoevoer afgesny word.

Basson het gesê dit is 'n gewone faktuur wat hulle ontvang het. Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het 'n brief aan die munisipaliteit gestuur wat sê die watertoevoer mag nie in die geval van nood gesny word nie.

“Die ministerie het ons ingelig ons mag nie die water van die inwoners afsny nie, ingeval daar dalk 'n noodgeval is. Dit is iets waaraan Keetmanshoop al gewoond is. Die mense het tyd gekry om hul rekeninge uit te sorteer weens die Covid 19-pandemie en dit is wat die uitstaande bedrag só skerp laat styg het,” het hy gesê.

“Ons neem kennis van die uitdagings wat hulle gedurende Covid-19 in die gesig staar, maar 'n groot aantal van ons kliënte het hulle aan wanbetaling skuldig gemaak,” lui die brief.

“Dit is nie 'n geheim nie dat die dorp hard deur die pandemie getref is en inwoners staan almal gebuk onder agterstallige ­rekeninge.”

Die munisipaliteit plaas ook druk op ministeries en onder­nemings met uitstaande skuld.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Pryse van petrol, diesel styg

1 uur gelede | Energie

Die prys van petrol en diesel styg aanstaande week met onderskeidelik 50 sent elk per liter. Die verhoging tree om middernag op 7 April in...

Baie nuwelinge kry viskwotas

1 uur gelede | Visserye

Ondernemings wat tevore visvangkwotas besit het, maak 29% van suksesvolle aansoekers uit, het die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, vanmiddag aangekondig.Dit...

WHO vra vir verdere studies oor oorsprong van SARS-CoV-2-virus

2 ure gelede | Gesondheid

Die verslag van die internasionale span van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) oor hul ter plaatse besoek aan Wuhan is vandag bekendgemaak, met die WHO se direkteur-generaal...

Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle

2 ure gelede | Gesondheid

Namibië het nou 520 Covid-19-verwante sterftes, nadat nog sewe - twee in Windhoek en een elk in Walvisbaai, Outjo, Omaruru, Walvisbaai en Rundu - aangeteken...

Windhoekers met agterstallige rekeninge se water en ligte gaan...

4 ure gelede | Infrastruktuur

Die Windhoekse munisipaliteit sê inwoners van die hoofstad wie se water- en ligterekeninge 30 dae en meer agterstallig is, het tot Dinsdag 6 April om...

Sluitingsdatum vir Shining Light verleng

4 ure gelede | Kuns en vermaak

Die sluitingsdatum vir die Shining Light juweliersontwerpkompetisie is tot 30 April verleng. Me. Helena Mootseng, woordvoerder van die Namibian Diamond Trading Company (NDTC) sê...

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

8 ure gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Waarskuwingskote stuit vermeende diewe

19 ure gelede | Misdaad

Vermeende diewe is vroeër vandag in Robert Mugabelaan naby Bank of Namibia in die hoofstad in hegtenis geneem nadat skote afgevuur is. "Twee waarskuwingskote is...

Robberts bly in aanhouding

19 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...