Kavetuna sê oor verpleegpyne

N$55 miljoen benodig

14 June 2018 | Gesondheid
Denver Kisting



Dit was nooit die plan vir buite­landse verpleegpersoneel om die brood uit Namibiërs se monde te steel nie.

Buitendien was die voorneme eweneens nie om dié kundiges vir altyd in Namibië in diens te hê nie.

Só het die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Juliet Kavetuna, Dinsdagmiddag in die Nasionale Vergadering (NV) wal gegooi.

Sy het terselfdertyd onthul die ministerie het geen aansoek van enige afgestudeerde Namibiese verpleegstudent wat tydens 2017 of daarvoor gegradueer het nie. Hulle het wel aansoeke van 320 mense ontvang wat eers in April vanjaar graad gevang het.

In die lig van 'n wêreldwye afname in gesondheidswerkers neem Namibië die krisis van werklose verpleegkundiges ernstig op, het Kavetuna gesê.

Dít kom nadat die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, die regering hieroor voor stok gekry het.

In dié stadium is daar 129 000 verpleegkundiges by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië geregistreer.

Dit bring mee dat verpleegkundiges die meerderheid van gesondheidswerkers landswyd uitmaak, sê Kavetuna.

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het tans vakatures vir 387 ingeskrewe verpleegkundiges.

Daar is volgens haar ongeveer N$23 miljoen beskikbaar om 151 van dié poste te vul.

Vir die oorblywende 236 poste word bykans N$36 miljoen benodig.

Wat geregistreerde ­verpleegkundiges betref, sê ­Kavetuna 215 mense het om 211 bestaande betrekkings aansoek gedoen.

Daar is sowat N$28 miljoen beskikbaar om 125 van dié vakatures te finansier. Vir die res – 86 poste – sal daar nog ongeveer N$19 miljoen gevind moet word.

Teen September vanjaar sal 217 geregistreerde verpleegstudente na verwagting hul studies voltooi. “Hierdie aantal gegradueerdes sal teen daardie tyd die aantal vakatures ver oorskry,” sê sy.

Volgens haar werp hulle tans alles in die stryd om poste te skep. “Trouens, 99 poste is geskep deur amper 213 bestuurs- en administratiewe poste af te skaf om kundiges, soos dokters, verpleegkundiges en ander gesondheidswerkers, te huisves.”

Toe hy vroeër vanjaar die land se begroting in die NV ter tafel gelê het, het die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, aangekondig N$6,5 miljard word in die huidige boekjaar aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste toegeken.

Hy het egter terselfdertyd gewaarsku om die helfte van regeringsinkomste aan staatsdienswerkers se salarisse te bestee, is onvolhoubaar. Namibië het een van die hoogste salarisrekenings ter wêreld.

Volgens Kavetuna beloop die wêreldwye tekort aan verpleegkundiges tans 7,2 miljoen.

Derhalwe is Namibië verplig om kundiges op te lei wat gehaltesorg kan bied en só die stand van gesondheidsake in die land sal verbeter.

Met Namibië se onafhanklikwording is daar met ander lande beraadslaag om hand by te sit met die verplegingtekort wat toe reeds ervaar is.

Naas die verskaffing van personeel het dié lande ook opleiding gebied, het sy gesê.

Die verstandhouding was egter deurgaans duidelik­ – dié was net 'n tussentydse maatreël en in 'n stadium sou Namibiërs die leisels moes oorneem.

Sy sê die ministerie van gesondheid en maat­skaplike dienste verleng nie sonder meer die kon­trakte van buitelandse verpleegpersoneel nie.

“In plaas daarvan word daar gekyk na die behoefte volgens die onderskeie gesondheidsinstellings se aanbevelings.”

Wat sommige gevalle betref, word besluit om sekere mense se dienste te behou vanweë hul kundigheid in onder meer intensiewe sorg, teaterwerk en hantering van kraamgevalle, sê sy.

Weens die geleidelike vermindering van buitelandse personeel staan dié getal tans op 96 verpleegkundiges. Dié mense is kragtens 'n ooreenkoms met die Keniaanse regering in die ministerie se diens. Volgens Kavetuna loop dié kontrak in 2020 ten einde.

Soortgelyk

 

Internasionale ruimtestasie vlieg oor Windhoek

2 ure gelede | Omgewing

Die internasionale ruimtestasie sal vanaand omstreeks 19:41 vir ‘n hele vier minute lank met die blote oog vanaf Windhoek sigbaar wees.Dit is nou ás weerstoestande...

Padveiligheid dié naweek hoog op polisie se agenda

3 ure gelede | Polisie

Met die skole wat Vrydag gesluit het en die Heldedag-langnaweek wat voorlê, het die polisie opnuut ‘n beroep op motoriste gedoen om veilig te bestuur...

Polisie ondersoek optrede van kerk in Katutura

5 ure gelede | Polisie

Augetto Graig - Die Namibiese polisie doen tans ondersoek by die kerk van die Fountain of Living Waters Ministries in Freedomland, Katutura, waar ten minste...

Polisie ondersoek optrede van kerk in Katutura

5 ure gelede | Polisie

Augetto Graig - Die Namibiese polisie doen tans ondersoek by die kerk van die Fountain of Living Waters Ministries in Freedomland, Katutura, waar ten minste...

25 jaar, al het Zenobia berou

17 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Met haar hande wringend op haar skoot het die 34-jarige Zenobia Seas Vrydag in hofsaal E in die hoërhof in Windhoek geluister...

Geingob dek neutrale tafel

17 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Prof. Nico Horn, ’n regsdosent en politieke onleder, sê hy is nie verras oor hoe die afgelope beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap...

Mans in Windhoek doodgesteek

17 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting Twee mans is in afsonderlike­ voorvalle die afgelope naweek in Windhoek met skerp voorwerpe dood­gesteek.Hiernaas is vier verdagtes op die toneel aangekeer toe...

Weer, Maandag 20 Augustus 2018

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide en sentrale gebiede. Elders sal dit sonnig en baie warm wees. Winderige toestande sal oor die binneland heers.KUS:...

Jakkals kom sy luiperd teë

17 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Besoekers aan die Kgalagadi-oorgrenspark het onlangs die skaars voorreg gehad om te sien hoe ‘n luiperd ‘n jakkals vang en in ‘n...