Kavango: Beplande pynappelprojek tot niet
Dié besluit lei tot die verlies van potensieel 1 500 nuwe werksgeleenthede, armoedeverligting en jare se navorsing en insette.
Elvira Hattingh - Ná 13 jaar se werk is Kavango Fruit Farms se beplande pynappelprojek en -fabriek in die Kavangostreek van die baan.
Dit ten spyte daarvan dat verskeie prominente regeringsamptenare hul steun daaraan gegee het en gesê het die projek is van groot ekonomiese belang.
Die hoofrede hiervoor is dat die Shambyu tradisionele owerheid van mening is dat die grond wat vir die projek naby die Katondo-nedersetting toegeken is, nie vinnig genoeg ontwikkel is nie en dat daar niks gekom het van die beloofde werksgeleenthede en armoedeverligting vir die gemeenskap nie.
Dienooreenkomstig is mnr. Philip de Wet se huurregte van 400 ha grond by Katondo, asook by Ndiyona, vroeër vanjaar deur die minister van grondhervorming opgeskort ná 'n appèltribunaal oor die kwessie plaasgevind het.
De Wet het aangedui dat hy nie die opskorting gaan beveg nie, aangesien hy nie meer geld hieraan kan bestee nie.
Die projek sou tot die totstandkoming van Namibië se eerste pynappelfabriek lei en na raming sowat N$150 miljoen kos. Altesaam 1 500 werksgeleenthede sou eindelik geskep word en nog 200 kleinboere sou opleiding ontvang om groente te plant wat dan aan 'n fabriek gelewer sou word. Boonop sou die projek ook 'n mark vir Groenskema-produkte kon bied.
“Ek wou 'n fabriek begin wat 100 ton pynappels per dag kan versap. Dit sal ook pynappels en ander groentes kan blik – 'n eerste vir ons land. Namibië voer tot 80% van sy groente en vrugte in, maar met dié fabriek sou daar soveel pynappels verwerk word dat ons dit sou kon uitvoer."
Intussen het hy sedert 2004 met toestemming van die destydse minister van landbou, Helmut Aungula, vir ses jaar lank proewe by die Bagani-tuine se navorsingstasie gedoen om vas te stel óf en hoé die pynappels plaaslik gaan aard. Dit sluit in-diepte navorsing in die Oos-Kaap en die invoer van 1 000 plante van Bathurst af in. Hy het gevind dat die pynappels besonder suksesvol groei en groot belofte inhou juis omdat dit nie seisoenaal is nie.
Hy het ook 'n haalbaarheidstudie en besigheidsplan vir die projek geskryf.
OPONTHOUD
“Sonder water en elektrisiteit vir besproeiing was dit egter onmoontlik om met die pynappelprojek voort te gaan. Die probleem was dat daar nie genoegsame elektrisiteit in die Kavangostreek was vir so 'n groot besproeiingsprojek van 12 spilpunte per plaas nie.”
De Wet sê sedert die ministerie sy huurregte van 35 jaar in April 2010 uitgereik het, was hy voortdurend in gesprek met hoofman Paulus Letayi, asook die tradisionele owerheid oor die oponthoud in die ontwikkeling van die grond.
Verder het hy AgriBank, die Europese Unie, die Groenskema-agentskap, asook die regering onsuksesvol vir lenings of finansiering genader, wat baie moeilik is omdat kommunale grond nie as sekuriteit aangebied kan word nie. Nog 'n oponthoud was dat hy moes wag vir 'n permit van die ministerie van landbou, water en bosbou voor hy water uit die Kavangorivier mag pomp.
“Ek was voortdurend besig om met Nored vir 'n kragaansluiting te onderhandel, maar eers in September 2015 is ek ingelig dat elektrisiteit eindelik by Katondo beskikbaar sal wees as 'n konneksie met Zambië gemaak is. 'n Kragstasie is toe naby Ndonga Linena gebou wat die elektrisitiet sou kon bied.”
Ná die nuus het De Wet voluit met werksaamhede op die stuk grond by Katonda begin en onder meer sy kaplyne ontbos, terwyl hy intussen 'n trekker, ploeg en planter aangeskaf het en begin het met omheining en om 'n huisie te bou.
Hy het ook eindelik 'n belegger in Rusland en nog een in Suid-Afrika gekry wat belang gestel het om in die projek te belê. 'n Plaaslike besigheid het ook ingestem om 'n produksielening te gee.
Hoofman Letayi het egter gesê omdat die gemeenskap se hompa oorlede is, mag hy nie met sy werksaamhede voortgaan tot 'n nuwe een verkies is nie. De Wet het toe vir raad by die kommunale landraad aangeklop, wat vir hom gesê het sy bewys van huurregte gee hom die mag om voort te gaan met sy werksaamhede – hy hoef dit nie te staak nie.
Die hoofman het egter De Wet se werkers verbied om hom verder te help en 'n vertroueling vanuit die gemeenskap het hom ingelig dat die voorman ook dele van sy grond aan ander mense toegestaan het.
GROND NIE ONTWIKKEL
Die Shambyu tradisionele owerheid het in Februarie 2016 'n brief aan die ministerie van grondhervorming geskryf wat sê De Wet se grond in die Shambyu-gebied is tot dusver onproduktief en het nie enige voordele in die vorm van werksgeleenthede en armoedeverligting vir die gemeenskap gebring nie.
Hy moes glo die grond binne twee jaar ontwikkel en het nie - op grond daarvan wil hulle hom van sy huurregte ontneem.
“Ek dink nie die voorman was eerlik teenoor die tradisionele owerheid in sy bewering dat hulle ontevrede is dat die grond nog nie ontwikkel is nie – hy weet tog wat die situasie is. Ek vermoed hy was in die knyp omdat my grond aan drie ander partye uitgedeel is en hy van my ontslae wou raak.”
“Ek het egter reeds so baie geld, tyd en navorsing aan die projek bestee dat ek nie vir 'n oomblik sou oorweeg om nié daarmee voort te gaan nie.
“Ongelukkig stel die beleggers nou nie langer in die projek belang nie – na dese is hulle van mening dat dit te groot risiko's inhou,” sê De Wet.
De Wet is afgetree, het twee meestersgrade in landbou en het meer
as 45 jaar se ondervinding in die bedryf.
ALMAL VERLOOR
“Ek wou teruggee aan die land en diegene help wat arm en werkloos is. Ek is steeds geskok – almal verloor en niemand wen in hierdie situasie nie. 'n Leuen het geseëvier.
“Moenie probeer uitreik nie, spaar jou geld en belê dit waar mense dit gaan waardeer.”
De Wet het briewe waarin onder meer die voormalige ministerie van handel en nywerheid, die voormalige staatspresident, nasionale beplanningskommissie en AgriBank hul steun vir die projek uitdruk.
Die voormalige permanente sekretaris van die ministerie van handel en nywerheid, Malan Lindeque, het in 2010 in 'n brief van ondersteuning namens sy ministerie geskryf dat die pynappelprojek kommersieel lewensvatbaar is en “ongetwyfeld enorme ekonomiese voordele vir die streek sal inhou as dit kom by werkskepping, die skep van inkomste en uitwissing van armoede”.
Nog 'n brief is in Februarie 2010 van Staatshuis af ontvang, wat in opdrag van oud-president Hifikepunye Pohamba geskryf is, om te sê die president neem kennis van die projek en sien die belangrikheid daarvan in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie