Kauluma geprys oor weggee van grond
Kauluma geprys oor weggee van grond

Kauluma geprys oor weggee van grond

Behoeftiges sê hulle kry nou hulp nadat niks gekom het van pleidooie aan die regering vir grond nie.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – Die vrou wat bykans die helfte van haar Suideplaas aan behoeftiges wil skenk, is oorval deur duisende aansoekers en vir haar “hart van goud” geloof.

Me. Victoria Kauluma, eienaar van Plaas Lahnstein No. 193 in die Hardapstreek, het onlangs 'n opskudding veroorsaak met die aankondiging sy wil 10 000 hektaar weggee sodat mense in nood daarop kan boer.

Sy het die plaas van 20 364 hektaar in Maart op 'n veiling gekoop, maar het bevind dit is te groot vir net haar en haar twee kinders. Kauluma het vervolgens besluit om 10 ha in stukke van 5 ha elk te verdeel en te skenk.

Kauluma se enigste vereiste is dat die mense arm inwoners van die Hardapstreek is wat nie toegang tot grond deur middel van die hervestigingprogram of op ander maniere kon kry nie.

Van die potensiële begunstigdes het Kauluma by die Swapo-hoofkwartiere in Windhoek besoek om haar vir die aanbod te bedank.

Mnr. Phillipus Shikongo, oorspronklik van die Zambezistreek en tans op Bethanie woonagtig, het gesê hy doen reeds die afgelope 11 jaar deur die hervestigingprogram aansoek om grond. “Ek het tot dusver nog geen antwoord van die regering ontvang nie. Hulle moet ons ten minste antwoord, al is ons aansoek nie suksesvol nie,” het hy gesê.

Me. Elmarie Lewis het gesê: “Ek is baie dankbaar vir mense wat met ander wil deel wat hulle ontvang het. Dit gee vir mense die kans om ’n lewe en 'n eie toekoms te begin. Sy is 'n seën vir die nasie en ek is dankbaar dat ek die geleentheid gekry het om haar te ontmoet.”

Mnr. Isak van Wyk het gesê hy is sedert 2007 onsuksesvol in sy aansoek om hervestiging. Hy het ook nog nie 'n brief van erkenning van sy aansoeke ontvang nie.

“Dit voel of jy afgeskeep word. Dit voel nie asof ons Namibiërs is nie. Met Kauluma se aanbod word ons as Namibiërs erken,” het Van Wyk gesê.

Volgens mnr. Ricky Körner doen hy sedert 2012 aansoek om grond. Hy het ook nog geen reaksie op sy aansoek van die ministerie van grondhervorming gekry nie.

“Mense van Rehoboth is nog nooit hervestig nie. Ons is desperaat op soek na grond waarop ons kan boer,” het Körner gesê.

’n Groep van 27 mense, hoofsaaklik van die San-gemeenskap wat van die plaas Doornboom in die Khomasstreek afgesit is, staan ook ’n kans om in aanmerking vir ’n stukkie van Kaukuma se grond te kom. Dit nadat mnr. Emanuel Muatara, sekretaris van Swapo se Raad van Oudstes in die Khomasstreek, hulle met haar in kontak gebring het.

“Ons bedank Victoria Kauluma vir haar hart van goud. Sy gebruik nie net woorde nie. Sy help ons uit die situasie waarin ons ons huidig bevind,” het mnr. Hofman Willem Gawanab, woordvoerder van die groep, gesê.

Die groep moes Doornboom op 23 Mei verlaat, maar die ministerie van grondhervorming het hulle tot vandag (30 Mei) grasie gegee.

Sommige van dié mense is geregistreer as oorlogsveterane en tradisionele leiers van die !Ainin tradisionele owerheid, wat hulle volgens Muatara voorkeurbehandeling ten opsigte van hervestiging verseker.

Volgens Gawanab het die groep se verknorsing in 2012 begin toe hul oudstes in die Khomas Hochland-gebied gelos is.

“Sommige mense sal nooit verstaan hoe dit voel om langs die pad in die koue, stowwerige veld te wees nie. Dit voel as of jy ’n uitgeworpene is en nie vry in ’n onafhanklike Namibië nie. Die voel asof jy nie ’n Namibiër is nie, en niemand gee om vir jou nie,” het Gawanab gesê.

Die groep is van bakboord na stuurboord gestuur, van "goewerneur tot goewerneur en spesiale raadgewer van goewerneurs, en van minister tot minister". Hulle het ook hul pleidooi aan die oudsekretaris-generaal van Swapo, mnr. Nangolo Mbumba, gerig. Alles was volgens hulle tevergeefs.

“Ons het leiers in alle streke. Hulle was veronderstel om die saak te hanteer en die armes te help. Ek is net ’n gewone mens en kan nie die werk van ander doen nie. Dit het tyd geword dat mense hulle werk doen, want ander mense ly,” het Muatara gesê.

Hy het gesê die groep is deur die hoofman van die /Gobanin tradisionele owerheid, mnr. Frans Goagoseb, aan hom voorgestel. Baie van die mense het nou besluit om by Swapo aan te sluit weens die ingryping van Goagoseb en Muatara.

Oor die traagheid van die regering se leierskap het Muatara gesê: “Jy kan nie teen apartheid en diskriminasie veg en dan doen jy dieselfde nie. Die groter stamme kan nie ander mense hul slawe maak nie. Die groter stamme neem oor en maak die San hul slawe terwyl hul eie kinders skool toe gaan. Die San moet ook skool toe gaan.”

Hy het ook gesê hy sal die Swapo-leierskap vra om Kauluma se voorbeeld te volg.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22%