Katutura se noodeenheid opgeknap

30 April 2021 | Gesondheid
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) en Standard Bank Namibia het ’n opknappingsinisiatief vir die noodeenheid van die Katutura-staatshospitaal van stapel gestuur.

Dié hospitaal het die grootste en bedrywigste noodeenheid in die land en dien as die hoofverwysingseenheid vir noodgevalle.

Die spesifieke areas wat vir opknappingswerk geoormerk is, sluit in die herontwerp van die sekuriteits- en portierkamers om toegang tot die noodeenheid te beheer, ’n nuwe bybringsaal met agt beddens, die omskakeling van die huidige bybringsaal in ’n pediatriese eenheid, die uitbreiding van die ginekologiese ondersoekkamer, sowel as ’n nuwe stasie vir verpleegsters met kluise vir medikasie. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sal die opknapping van die noodeenheid die vloei van pasiënte en aangewese areas verbeter om gepaste dienste en reaksie tot pasiënte te verseker.

“Dit sal tydige sorg vir dié wat ernstig siek en beseer is, verseker en wat beteken hulle ontvang die beste moontlike sorg in die noodeenheid,” het hy gesê.

Die voorsitter van Standard Bank se komitee vir korporatiewe maatskaplike beleggings, mnr. Jerry Muadinohamba, het gesê die noodeenheid in sy huidige vorm met oorlaaide geriewe kan nie langer die hoë invloei van pasiënte hanteer wat noodsorg en -behandeling vereis nie.

“Ten spyte van die beste pogings van ons medici is daar net soveel wat hulle onder die huidige omstandighede kan doen. Ná afloop van die evaluering van die situasie het ons besluit om die regering se las te verlig en die bank se volle ondersteuning tot die voltooiing van die projek te beloof,” het Muadinohamba gesê.

Die voorsitter van die MVAF, dr. Shitaleni Herman, het tydens die bekendstelling gesê die ingryping kom in ’n tyd wanneer die verwante instellings poog om doeltreffende verspreiding van hulpbronne midde die Covid-19-pandemie te handhaaf wat druk op die gesondheidstelsel plaas wat reeds oorlaai is.
– Nampa

Soortgelyk

 

Skoolhoof van Swakop sterf aan Covid-19

10 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – Huldeblyke het gister uit onderwys- en ander kringe ingestroom nadat die skoolhoof van Pro-Ed Akademie se hoër­skool op Swakopmund, mnr. Henry McCarthy,...

ReconAfrica voor hof gedaag

10 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer – Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) het sonder konsultasie of vooraf kennisgewing die natuurlike woud en landerye wat wettiglik deur 'n familie by Mbambi...

Weer vir 10 Mei 2021

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en warm...

Nog NBC-werkers keer terug

10 ure gelede | Arbeid

Hoewel die NBC-staking landswyd voortduur, het 74 werknemers intussen teruggekeer werk toe en is die Engelse radiodiens, National FM, weer terug op die lug. Die...

Noodkreet teen misdaadvlaag

10 ure gelede | Misdaad

Tunohole Mungoba op Oshakati – Die Oshakati-stadsraad het Donderdag 'n openbare vergade­ring in Okandjengeni-Suid op dié dorp gehou waar verskeie veiligheidskwessies geopper en klagtes teen...

Dwelms van amper N$2 miljoen gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie is in April meer mense in besit van dwelms in hegtenis geneem as gedurende Maart. In Maart is 106 mense in...

Nuwe lewe in onooglike kraghuis geblaas

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Claudia Reiter – Die kunstenaars Kat en Lens het die mure van 'n transformator-substasie in Conrad Ruststraat in Klein Windhoek geverf en verfraai. “Ons ry...

Geen partytjie vir Nujoma

10 ure gelede | Gemeenskap

Die kantoor van die stigterspresident Sam Nujoma het aangekondig hy gaan nie op 12 Mei sy 92ste verjaardag met 'n openbare byeenkoms vier nie. Dié...

Betaaldag hier vir Air Namibia se personeel

10 ure gelede | Vervoer

Ogone Tlhage – Die minister van openbare ondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, het bevestig die regering het 'n gedeelte betaal van die N$278 miljoen wat...