Katte verbrysel in Kleine Kuppe

Geweld is nie die oplossing vir probleme met ander se diere nie, sê DBV.
Ronelle Rademeyer
Yochanaan Coetzee

Inwoners van die Mountain Breeze-kompleks in Kleine Kuppe is geskok oor die erge verminking en wrede dood van drie katte in die kompleks.

Die diere se skedels is vergruis waarna hul karkasse in 'n ry voor die kompleks se ingang gerangskik is.

“Dit was 'n gruwelike gesig, helder oordag, en dit het gelyk asof die persoon wat dit gedoen het die katte se karkasse so wou rangskik om dit ten toon te stel,” het mnr. Carl van der Merwe, lid van die Kleine Kuppe-buurtwag gesê.

Die voorval het vermoedelik op Vrydag, 30 Desember 2016, tussen 9:30 en 10:30 plaasgevind terwyl die katte se eienaars besig was om inkopies te doen.

“Ons was net 'n uur weg en toe ons terugkom het my bure vir my die foto’s gewys om te sien of dit ons katte was. Toe ons by die huis gaan kyk, was dit wragtig hulle. Gelukkig was die karkasse reeds verwyder sodat die kinders dit nie kon sien nie. Hulle was steeds baie ontsteld toe ons hulle vertel dat die katte siek geword het en nie meer lewe nie,” sê mnr. André Kotze, die katte se eienaar en inwoner van die kompleks.

“Die grootse probleem is dat ons geen leidrade of inligting het oor wie dit kon doen nie."

Van der Merwe sê: “Daar's baie stories wat rondloop. Een van ons lede het 'n beloning van N$5 000 beskikbaar gemaak sodat ons die persoon kan vind. Dié mens is 'n gevaar vir die samelewing en hy bly hier tussen ons.”

Me. Sylvia Breitenstein, bestuurder van die Dierebeskermingsvereeniging (DBV) in Windhoek, het die voorval as kommerwekkend beskryf.

“Ons moedig die publiek aan om dadelik sulke voorvalle by die DBV aan te meld sodat ons die ondersoek en klag kan verder vat. Ons gaan 'n klag by die polisie lê, maar ons sukkel om by die oorsaak uit te kom. Dis eers op sosiale media versprei, en nou is daar baie stories. Boonop is die bewysstukke (die katte se karkasse) reeds verwyder,” sê Breitenstein.

Sy het gesê die voorval is ernstig en dat dit nie die manier is waarop mense hul probleme met ander se diere moet oplos nie.

Ané Coetzee, 'n Cimbebasia-inwoner, sê sy is steeds ontsteld oor die grudood van een van haar Pomeranian-honde. Twee weke voor haar reun se skedel vergruis is, het haar wyfie weggeraak. Die wyfie is gevind met haar kakebeen stukkend geslaan, maar het oorleef en word behandel.

Indien die publiek inligting het wat kan lei tot die suksesvolle identifisering van betrokkenes by die onderskeie voorvalle, kontak Carl van der Merwe van die Kleine Kuppe-buurtwag by 081 383 0389.

Foto Verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!