Katrina: Ek het niu00e9 met lys gepeuter
Katrina: Ek het niu00e9 met lys gepeuter

Katrina: Ek het nié met lys gepeuter

Kruisondervraging van die minister van onderwys, kuns en kultuur in haar korrupsieverhoor duur vandag voort.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Tydens me. Katrina Hanse-Himarwa se eerste dag gister in die getuiebank as beskuldigde in die Windhoekse hoërhof, het sy herhaaldelik gesê dat sy nie mense van die massabehuisingslys verwyder of bygevoeg het nie.

Die staat voer aan Hanse-Himarwa het in Desember 2014 tydens haar ampstermyn as goewerneur van die Hardapstreek glo onregmatig aan 'n lys van begunstigdes vir huise onder die massabehuising­skema laat peuter om twee van haar familielede te bevoordeel.

"Ek het niemand van die lys verwyder of bygevoeg nie," het Hanse Himarwa tydens haar kruisondervraging gesê.

"Ek getuig onder eed dat ek nooit die reg of die mag het om bevele te gee om begunstigdes van die lys te verwyder of met ander te vervang nie. In my posisie kon ek nie enigiets verander nie."

Adjunk-aanklaer-generaal Ed Marondedze het tydens sy kruisondervraging aan die beskuldigde gevra wie sy as verlangse famillielede beskou.

Sy het geantwoord dat dit nie 'n niggie, man, suster, skoonsuster, ouer of kind is nie.

Marondedze het aan haar gevra wie een van die vermeende begunstigdes, me. Justine Gowases, is.

"Justine is my ma se suster se dogter se kind," het sy geantwoord, dus die kleindogter van die beskuldigde se ma se suster.

Marondedze het gesê dat Gowases dus haar niggie is, "maar jy bedoel met verlangse famillielid dat julle nie met mekaar praat nie. Jy mag dalk nie met haar praat nie, maar sy is nie 'n verlangse familielid nie."

Hanse-Himarwa het gesê dat Gowases 'n verlangse familielid van haar is met wie sy geen nabye verhouding het nie.

"Ek ken haar naam as Justine Roily. Ek het nie geweet sy is getroud en dat haar van na Gowases verander is nie."

Gowases en me. Christiana Hanse, haar jonger broer se vrou, is die twee famillielede wat na bewering op die lys van begunstigdes geplaas is nadat twee mense van opposisiepartye, me. Regina Kuhlman en mnr. Piet Fransman, se name glo in opdrag van Hanse-Himarwa van die lys verwyder is.

"Ek het nie Gowases se naam op die lys geplaas nie of gesê enigiemand se naam moet op die lys geplaas word nie," het die beskuldigde volgehou.

Sy het ook getuig dat die lys wat sy gesien het, 'n skoon lys sonder enige handgeskrewe inskrywings was.

Marondedze het gevra as die beskuldigde volgens haar getuienis daarvan hou om rekord te hou, waarom het die waglys wat sy glo van die uitvoerende hoof van die Mariental-munisipaliteit, mnr. Paul Nghiwilepo, ontvang het geen meegaande stempel of dekbrief nie.

"Hierdie dokumente het nooit van die kantoor van die uitvoerende hoof van Mariental gekom nie," het hy aangevoer.

"Ek hou vol hierdie dokumente kom van hom. Waar anders sou ek dit kry?" het Hanse Himarwa gevra.

Die Windhoekse hoërhof was gister weer volgepak met Hanse-Himarwa se volgelinge en selfs die voorsitter van die Nasionale Raad, me. Margaret Mensah-Williams, het haar by die hof omhels en 'n gebed vir haar gedoen.

Die minister se verdediging word deur die Windhoekse prokureur mnr. Sisa Namandje behartig.

Regter Christie Liebenberg het gesê kruisondervraging sal vandag voortduur.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.38/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.52% | Zinc US$ 2 857.40/T UP 1.8% | Brent Crude Oil US$ 87.95/BBP DOWN -0.0005 | Platinum US$ 904.66/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.38/OZ UP +0.39% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.52% | Zinc US$ 2 857.40/T UP 1.8% | Brent Crude Oil US$ 87.95/BBP DOWN -0.0005 | Platinum US$ 904.66/OZ UP +0.28%