Katima-kwarantynkamp onder konstruksie

Proefslagtery volg binnekort

29 January 2020 | Landbou
Yandi du Plessis – Die Vleisraad van Namibië beoog om die Katima Mulilo uitvoer-abattoir binnekort in bedryf te hê.

Die ministerie van landbou, water en bosbou het die Vleisraad se hulp versoek in verband met die inwerkingstelling van dié abattoir.

Dit is die Vleisraad se taak om befondsing vir die proses te bekom.

Kontrakteurs wat vir verkoeling, water, elektrisiteit en sekuriteit voorsiening moet maak, is reeds aan die werk.

Die abattoir behoort teen einde Februarie 2020 met proefslagtery te begin.

Herstelwerk aan die Katima Mulilo-kwarantynkamp moet egter eers afgehandel word.

Vleisprodusente van die Zambesistreek het die afgelope vyf jaar nie toegang tot ’n formele mark gehad nie. Alle beeste wat vir slagting by die abattoir aangebied word, moet eers aan die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) se vereistes vir kommoditeitsgebaseerde handel (CBT) voldoen.

Luidens berigte sal die projek deur die ministerie van landbou, water en bosbou, die ministerie van werke, vervoer en kommunikasie, die Vleisraad en Meatco bestuur word.

Die Vleisraad is gevra om die projek te bestuur ná verskeie klagtes van wanbestuur, begrotingsprobleme, en ’n tekort aan vleisprodusente uit die Zambesistreek.

Die landbouministerie het ’n ooreenkoms met ’n plaaslike vleisprodusent, Zambezi Meat Corporation (Zamco), aangegaan.

Zamco sal voortaan vir die bestuur van die abattoir verantwoordelik wees.

Die Vleisraad is nie by die bou van die abattoir betrokke nie, en vordering wat tot dusver daarmee gemaak is, kan nie bevestig word nie.

Die abattoir se slagkapasiteit sal deur die markaanvraag bepaal word.

Aanvanklik sal beeste net vir die plaaslike mark geslag word. Die Katima Mulilo-abattoir sal egter tot 45 beeste per dag kan slag wanneer dit ten volle in werking is.

Volgens me. Magda van Schoor, ’n verteenwoordiger van die Vleisraad, is die plan om vleis na die suide van die veterinêre kordonheining (Rooilyn) uit te voer.

Dié proses moet met die vereistes van die OIE, die direktoraat van veeartsenydienste (DVS), CBT en die bek-en-klouseer-noodplan strook.

“Dit is noodsaaklik om die integriteit van die areas wat nié deur bek-en-klouseer getref is, of Namibië se vleisuitvoermark, onder geen omstandigehede in die gedrang te bring nie,” sê Van Schoor.

Sy het dit duidelik gemaak uitvoere sal volgens streng dieregesondheids- en vleishanteringsmaatreëls geskied. Die beeste sal vir ’n tydperk van 30 dae in kwarantyn geplaas word, waarná van die vleis selfs gekook sal word om veiligheid te verseker.

Die Katima Mulilo-abattoir is nie die enigste uitvoerder in die noordelike kommunale gebiede nie.

Die Oshakati uitvoer-abattoir kan ook vleis na gebiede suid van die Rooilyn uitvoer indien dit deur die DVS goedgekeur is.

[email protected]

Soortgelyk

 

Von Bachdam bereik 89%-merk

2 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Von Bachdam was vanmiddag om 12:00 presies 89% vol en het steeds 6,4 m³ water per sekonde ontvang. Maandag was dit...

Okahandjarivier saai wéér amok

4 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Okahandjarivier het gisternag wéér mnr. James Roux se kleinhoewe buite Okahandja oorstroom en boonop vroegoggend een persoon meegesleur. Die polisie, asook...

Steeds geen kontrak vir diens aan Psemas

16 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Die staat se mediese fonds (Psemas) se nuwe kontrak met gesondheidsdiensverskaffers wat reeds sedert 2017 sloer, is weer uitgestel, die keer tot...

Beeste uit Botswana vul tekort aan

16 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - Sowat vier maande nadat Botswana sy grens vir die uitvoer van lewende slagbeeste na Namibië oopgestel het, kon Meatco op Dinsdag 18...

Boer skiet glo 'mieliedief'

16 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Boer van Tsumeb het Maandag op ‘n klag van poging tot moord in die landdroshof verskyn nadat hy glo ‘n vermeende...

Weer, Woensdag 26 Februarie 2020

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolkte en baie warm weer sal in die Kunene-Wesstreek heers. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met geïsoleerde,...

Samherji-werkers afgelê

16 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw – Sowat 210 werknemers van die vaartuie MV Saga en MV Geysir gaan aanstaande maand afgelê word. Die werknemers is vroeër vandeesmaand gestrand...

Posisioneer jouself betyds vir groter wins

16 ure gelede | Landbou

Christo du Plessis, Dierevoedingskundige: Feedmaster – In hierdie artikel kyk ons na die sleutelkwessies in rooivleisproduksie wat wins dryf, en hoe fosforaanvulling produsente se winsgewendheid...

N$14 miljoen vir kragprojek bewillig

16 ure gelede | Regering

Yandi du Plessis - ’n Sooispitseremonie vir die voorsiening van krag aan die Otjomuise- en Havana informele nedersettings het Vrydag in Otjomuise in die hoofstad...