Katima kry polisiewoonstelle
Augetto Graig
Die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana, het Maandag Katima Mulilo besoek om amptelik ontvangs te neem van die Sanzila Court-woonstelle waar hoofsaaklik getroude polisiebeamptes gehuisves sal word.
Die hoof van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, was ook teenwoordig toe die woonstelkompleks met sewe drieslaapkamerwoonstelle, een tweeslaapkamerwoonstel, wagkamer, opsigterseenheid en parkeering oorhandig is.
Kawana sê met die aankoop van die woonstelle dui dit daarop dat die regering vasbeslote is om bevorderlike werksomstandighede vir polisielede te skep. Hy sê dit is hoe die mag beter diens sal lewer, vrede sal bevorder en stabiliteit in die land sal handhaaf.
“Gegewe die beperkte finansiële hulpbronne tot ons beskikking, is dit belangrik om ’n streng beleid van onderhoud van ons geriewe te volg. Ek doen dus ’n beroep op alle mans en vroue in uniform wat van hierdie geriewe gebruik maak om dit jaloers teen vandalisme en misbruik op te pas,” sê hy.
Die minister het gevra die streekbevelvoerder moet gereeld inspeksies doen om betyds gebreke te vind en dit vroegtydig te herstel.
Kawana sê die Namibiese polisie is ’n nasionale mag en lede moet diens doen waar hulle benodig word.
“Dus is die aankoop van hierdie woonstelle ’n stap in die regte rigting,” sê hy.
Ndeitunga sê sommige polisiebeamptes wat in Katima Mulilo gestasioneer is reis lang afstande vanaf hul huise in omliggende dorpe, terwyl ander in gehuurde huise of woonstelle bly weens ’n tekort aan akkommodasie.
“Ek was veral bekommerd oor getroude polisiebeamptes wat in barakke bly wat nie vir die integriteit van die familie-eenheid gerieflik is nie. Ek is dus vol vertroue met die aankoop van hierdie woonstelle vir ons om ordentlike akkommodasie te kan voorsien, veral vir getroude paartjies, en ek glo dit sal produktiwiteit verbeter,” sê hy.
Kawana het ook die gemeenskap van die Zambezistreek aangemoedig om saam met die polisie te werk.
“Dié samewerking sal ’n veilige omgewing vir al die inwoners van die streek skep en daardeur nodige belegging wat ekonomiese groei en werksgeleenthede sal bevorder, veral vir die jeug en vroue wat die meeste deur werkloosheid geraak word,” het Kawana gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie