Katalonië se outonomie môre opgeskort

Madrid het sy voet neergesit nadat Katalane aangedui het die parlement sal eersdaags oor onafhanklikwording stem.
Estelle de Bruyn
Die Spaanse regering sal môre artikel 155 van sy grondwet in werking stel en sodoende Katalonië se politieke outonomie opskort, het die kantoor van die eerste minister gister gesê.

‘n Spesiale kabinetsvergadering is belê nadat die Katalaanse leier, Carles Puigdemont, gesê het die streeksparlement kan oor ‘n formele verklaring van onafhanklikwording van Spanje stem indien die sentrale regering nie tot onderhandelinge instem nie.

Die Namibiese regering het ondertussen ‘n beroep op alle partye in Spanje gedoen om die politieke krisis in die land vreedsaam en binne die raamwerk van die land se grondwet te beredder.

Die jongste gebeure volg nadat Puigdemont verlede week ‘n verklaring van “soewereiniteit” onderteken het en versuim het om Madrid regstreeks te antwoord op die vraag of Katalonië eensydig onafhanklikheid verklaar het al dan nie.

“Die regering van Namibië het die verwikkelinge rakende die politieke situasie in Spanje met kommer gevolg. Namibië ondersteun die beginsel van territoriale integriteit van enige land en moedig politieke dialoog aan om die konflik op te los,” lui ‘n verklaring deur Namibië se ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking.

In die verklaring word pogings verwelkom wat die Spaanse regering aanwend om die politieke situasie die hoof te bied.

“Namibië sal voortgaan om nou saam met die regering van Spanje te werk om die bestaande goeie betrekkinge tussen die twee lande te handhaaf,” lui die verklaring.

Puigdemont is tot gister om 08:00 GMT gegun om sy finale antwoord aan Madrid te gee.

Katalonië se separatistiese regering het op 1 Oktober ‘n referendum oor onafhanklikwording van Spanje gehou, ondanks ‘n bevinding van die Spaanse grondwetlike hof dat dit onwettig gedoen is.

Puigdemont het aangedui dat hy onafhanklikheid in die welaf noordoostelike streek sal afkondig, maar het aangebied om afskeiding “op te skort” om tyd vir onderhandelinge met die sentrale regering te gun. Om dié rede het die regering hom tot gisteroggend gegee om sy posisie duidelik te maak. - Bykomende inligting Nampa/AFP/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!