Kasregisters klingel lekker aan begin van 4de kwartaal
Kasregisters klingel lekker aan begin van 4de kwartaal

Kasregisters klingel lekker aan begin van 4de kwartaal

Rekordverkope op Swart Vrydag en Kersfees kan beteken die ekonomie kan in die vierde kwartaal begin spoed optel.
William Horne – Kleinhandel het die vierde kwartaal van 2018 op ’n galop begin met verkope van 2,2% méér as ’n jaar gelede nadat inflasie verreken is.

Dié groeikoers vir Oktober, wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Woensdag uitgereik het, volg op die powere 0,6%-groei in September.

Rekordverkope op Swart Vrydag in November en Kersfees in Desember kan beteken dat die ekonomie in die vierde kwartaal begin spoed optel.

Oor drie maande gemeet het kleinhandelverkope met 1% gegroei teenoor die vorige aaneenlopende drie maande.

Groei in die bruto binnelandse produk (BBP) was in die derde kwartaal 2,2% op ’n kwartaalgrondslag, het SSA verlede week bekend gemaak.

Handel verteenwoordig 15% van die land se BBP, en kleinhandel is ’n groot deel daarvan.

Die Nedbank-ekonome Johannes Khosa en Dennis Dykes reken die tendens van goeie kleinhandelverkope sal voortduur.

“Groei in kleinhandelverkope sal waarskynlik in die komende maande sterk bly, aangesien verbruikersbesteding ondersteun sal word deur inflasie wat na verwagting (in Desember) laer sal wees en dus sal lei tot ’n styging in persoonlike besteebare inkomste.”

Nedbank sê as dié jongste data saam met ander onlangse aanwysers gelees word, toon dit ’n voortdurende herstel in die ekonomie in die vierde kwartaal.

Volgens Lara Hodes, ekonoom van Investec, was die kleinhandelverkope hoër as die 1,5% wat die mark verwag het.

Hodes wys egter daarop dat ooroptimistiese groeiverwagtinge met ’n knippie sout geneem moet word.

In Oktober het prysstygings in die kleinhandel tot 1,9% verlangsaam – baie minder as die verbruikersprysinflasie van 5,1% vir dié maand. Dit beteken kleinhandelaars se winsgewendheid word steeds bedreig deur die trae algehele vraag na hul produkte.

Die sterkste groei, van 10,1% op ’n jaargrondslag, was in die kategorie vir meubels en elektroniese toestelle. Verbruikers het verlede jaar maar op ou rusbanke bly sit weens druk op hul beursies en ook onsekerheid in die doodsnikke van oudpres. Jacob Zuma se regime. Die styging wys dus ’n mate van verbruikersvertroue wat ’n jaar gelede afwesig was.

Verkope by algemene handelaars bly papperig, met groei van 0,6%, maar verkope van pille, grimering en toiletware het stewig gegroei teen 4,2%, en dié van klere en skoene teen 3,4%.

Die enigste twee kategorieë waarvan reële verkope gedaal het, was by spesialishandelaars soos tabakwinkels, bakkerye en deli’s (-1,4%) en ysterware, verf en glas (-1,2%).

Volgens Hodes wys die groei onder die sogenaamde “ander kleinhandelaars” op toenemende vertroue in aanlyn verkope wat onder dié kategorie val, ten koste van tradisionele kleinhandelaars se markaandeel. Dié kategorie sluit wel ook onder meer winkels vir gebruikte goedere en boekwinkels in.

Luidens die Buro vir Ekonomiese Navorsing (BER) se nuutste opname van kleinhandel vir die vierde kwartaal van 2018 is daar nog baie uitdagings vir kleinhandelaars weens die druk op verbruikers.

“Die jongste opname dui daarop dat die groei in kleinhandelverkope in die vierde kwartaal kan styg, met Desember se petrolprysverlaging wat vir huishoudings verligting sal bied. Maar ’n skerp versnelling word nie verwag nie.

“Kleinhandelaars sukkel steeds weens swak verbruikersvraag. Die verhouding van skuld tot besteebare inkomste styg steeds, terwyl gedempte huishoudelike kredietverlening, negatiewe sentiment en ’n gebrek aan werkvooruitsigte verbruikers steeds kwel.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.24% | Zinc US$ 2 852.90/T UP 1.65% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP DOWN -0.0045 | Platinum US$ 908.34/OZ UP +0.69% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.24% | Zinc US$ 2 852.90/T UP 1.65% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP DOWN -0.0045 | Platinum US$ 908.34/OZ UP +0.69%