Kartel: Daar’s ’n wors in die gras, sê kommissie
Die bevinding is gemaak dat die mark verdeel is en derhalwe is die wet oortree.
Petrus Malherbe – Luidens ’n verklaring deur die kommissie is Irvin & Johnson (I&J) en Karan Beef daarvan beskuldig dat hulle “die mark verdeel in die verskaffing van verwerkte beesprodukte soos hamburgerfrikkadelle, biefstuk, worsies en boerewors”.
Die maatskappye word sedert September verlede jaar ondersoek vir vermeende onmededingendheid en kartelbedrywighede.
Die kommissie het onder meer gevind dat Karan Beef en I&J sedert 2000 ’n ooreenkoms gehad het waarvolgens Karan Beef opgehou het om sekere produkte op eie onkoste te vervaardig, maar eerder namens I&J.
Die ooreenkoms het ook bepaal dat Karan Beef sekere van sy produkte nie aan sommige kliënte mag verkoop nie aangesien I&J eksklusief aan hulle verskaf.
“Hierdie gedrag het neergekom op die verdeling van die mark en het die wet oortree,” het die kommissie bevind.
Karan Beef het skuld beken en is met R2,7 miljoen beboet.
Die saak word nou na die tribunaal verwys. Die kommissie het versoek dat I&J met 10% van sy jaarlikse omset beboet word.
Die Mededingingskommissie is die geregtelike liggaam wat onmededingende gedrag ondersoek terwyl die tribunaal die saak bereg en uitspraak lewer. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie