Karateman sien uit na toetse van fiksheid voor hy wêreldtitel verdedig

31 December 2004 | Sport
SENSEI Leonard Martin, ook bekend as Die Gevreesde in Goju-Kai karatekringe, is slaggereed om sy title as Wêreldkampioen te verdedig.
Die gebore Walvisbaaier het in 2001 die wêreld geskud toe hy in Australië die bestes in Juya-Kumite (volle kontak) verslaan het. Hy is egter op omstrede wyse oor die hoof gesien vir die toekenning as Nami-bië se Sportman van die Jaar.
Die Gevreesde gaan volgende jaar België toe om te wys wat werklik in hom steek en sy kritici se monde vir eens en altyd te snoer. Die Gevreesde sal van 9 tot 14 November 2005 sake by die Wêreld karatekampioenskap in Rotterdam uitspook.
\"Ek is gereed om die bestes die stryd aan te sê. Ek is tans besig om aan verskeie sportsoorte deel te neem sodat ek my fiksheid op \'n hoë vlak hou. Onlangs was ek op Mariental waar ek in First National Bank se internasionale triathlon meegeding he; daarna was dit die Ysterman-kompetisie en halfmarathon op Swakopmund. Vroeg in Januarie wil ek die Salty-marathon pak.
\"Glo my, ek geniet elke oomblik daarvan en het intussen selfs my vernuf op \'n fiets verbeter.
\"Ek gaan op 14 Maart in die Cape Argus-fietstoer meeding en ses dae later sal ek een van die honderde deelnemers by die Ysterman-kompetisie in Port Eliza-beth wees. Dit is \'n byeenkoms waar ek graag goed wil doen sodat ek my spiere behoorlik bult vir teenstanders in Rotterdam.
\"Die afstande in Port Elizabeth se Ystermankampioenskap is 3,8 swem, 180 km fietsry en 42 km hardloop. Dit is moordende afstande, maar ek is vol vertroue dat ek dit kan bemeester.\"
Martin het verder verduidelik: \"My doelwit is om saam met ander gekose lede die Namibiese vlag in België hoog te laat wapper en die titel vir \'n tweede keer huis toe te bring. Ek sal ook in Mei 2005 deelneem aan die Sone Ses karatekampioenskap, as ek gekies word.\"
Leonard Martin lewer daagliks insette in plaaslike karate. Op Walvisbaai is hy \'n legende en jong deelnemers wil almal in sy voetspore volg. Hy is een van die voorste karateka en afrigters in die land wat bereid is om idees met deelnemers en belangstellendes te deel.

Soortgelyk

 

Vyf damme kry water

4 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

14 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

14 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

14 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

14 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...

Reën beskadig tente by Havana-projekskool

14 ure gelede | Ministeries

Jeanette Diergaardt – Die Havana Sekondêre Projekskool het gister reënskade gehad nadat reënbuie die aand tevore in die hoofstad uitgesak het. Volgens die onderwysers wat...

Boer oorleef ná windpompstaaf hom deurboor

14 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – ’n Boer van Gobabis is na bewering Maandagnag op sy plaas deur die stiefseun van een van sy werkers ingewag en toe...

Uitspraak vandag oor omstrede skietvoorval

14 ure gelede | Howe

Augetto Graig – Landdros Taboka Mopipi lewer vanoggend om 08:30 in die hof op Kasane in Botswana uitspraak in die geregtelike nadoodse ondersoek na die...

Toeristegetalle styg in 2021

14 ure gelede | Toerisme

Henriette Lamprecht – Die aantal toeriste wat Namibië verlede jaar besoek het, het met 37,1% teenoor dié van 2020 gestyg. Verlede jaar het 'n totaal...