Kaptein Deysel word pa
Kaptein Deysel word pa

Kaptein Deysel word pa

Rugby
Die Namibiese rugbykaptein Johan Deysel en sy vrou Nadia se eerstelingseun is die afgelope Saterdag gebore terwyl hulle in Frankryk onder inperking verkeer.

Deysel, die 28-jarige kaptein van verlede jaar se Wêreldbekerspan in Japan en 'n gesoute binnesenter met 26 toetse, is sedert die vorige jaar by die Franse klub Colomiers gekontrakteer.

“Om my seun in die wêreld te verwelkom, is so 'n wonderlike gevoel. Ek dink nie enigiets kom naby daaraan om vir die eerste keer pa te word nie,” het hy aan RugbyRocks.com gesê.

“My pa se naam is ook Johan (hy was ook 'n senter vir Suidwes-Afrika en Namibië in 16 toetse) en ons beide hou van die naam Luan. Ons het daaroor gebid en 'n paar bevestigings gekry. Ek reken dis 'n maklike naam om uit te spreek.

“Ons is onder inperking weens die coronavirus in Frankryk. Dit was moeilik, veral vir my vrou Nadia, omdat ons ouers nie hier kon wees vir die geboorte nie.

“Nadia se ma was reeds op OR Tambo Internasionale Lughawe toe haar vlug gekanselleer is. Vir Nadia was dit nogal emosioneel, want as 'n nuwe moeder het jy sulke ondersteuning nodig, maar die verpleegsters het haar goed bygestaan en sy het goed oor die weg gekom.”

Volgens Deysel kon die nuwe ouers skaars twee ure by die hospitaal met Luan bestee en kon ook nie weer gaan kuier nie, vanweë die beperkings om die coronavirus se verspreiding te verhinder.

Die beter nuus is dat hulle intussen vir Luan by die hospitaal kon gaan haal. “Ons is baie opgewonde oor die tyd wat voorlê en ons sien uit na elke oomblik,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!