Kaptein Aquafresh bevorder mondhigiëne
Tanja Bause - Kinders van die Primêre Skool Tobias Hainyeko in Katutura het gister met Kaptein Aquafresh kennis gemaak toe hy die skool besoek het. GlaxoSmithKline Suid-Afrika (gsk), wat die tandepasta Aquafresh vervaardig, het in samewerking met die ministerie van onderwys ’n landswye opvoedkundige veldtog oor mondhigiëne van stapel gestuur. Kinders word geleer hoe om hul tande reg en ten minste twee keer per dag te borsel. Kaptein Aquafresh en die span van gsk sal in die komende weke tien primêre skool in Windhoek, agt by die kus en vyf in die Noorde, besoek. “Die veldtog is van stapel gestuur om ouers op te voed oor die belangrikheid van goeie mondhigiëne vir hul families. As ons nou vir kinders op primêre vlak van mondgesondheid en -higiëne leer, kan hulle dit lewenslank toepas,” lui ’n verklaring van gsk.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie