Kapenaars verloor 7 dae weens spitsverkeer
Kapenaars verloor 7 dae weens spitsverkeer

Kapenaars verloor 7 dae weens spitsverkeer

Hanlie Stadler – Kapenaars het in 2018 gemiddeld 162 uur – oftewel byna sewe dae – weens verkeersknope verloor.

Dit is die meeste van enige van die ses Suid-Afrikaanse stede wat die Inrix Global Traffic Scorecard, ’n jaarlikse opname oor verkeersknope, meet.

Die verslag reken egter spitsverkeer in Johannesburg het die ergste ekonomiese uitwerking van die ses stede, al het mense in dié stad ietwat minder tyd, nagenoeg 119 uur – byna vyf dae – weens verkeersknope verloor.

In Bloemfontein het mense kwalik 62 uur – sowat twee en ’n half dae – in verkeer vasgesit.

Die volledige Suid-Afrikaanse ranglys volgens ure wat verlore gaan, is:

· Kaapstad – 162 uur (7)

· Pretoria – 143 uur (6 dae)

· Johannesburg – 119 uur (5 dae)

· Durban – 72 uur (3 dae)

· Port Elizabeth – 71 uur (byna 3 dae)

· Bloemfontein – 62 uur (2,5 dae)

Dis die derde jaar dat Inrix dié studie doen. Inligting oor meer as 200 stede in 38 lande word gemeet.

Inrix het in 2018 twee dinge gemeet: die ekonomiese invloed van verkeersknope en die verlore ure.

Die aantal ure in die indeks verteenwoordig nie hoe lank mense bestuur nie, maar hoeveel bykomende tyd mense weens verkeersopeenhopings verloor. Dit is dus die verskil tussen die beste tyd om by hul bestemming te kom – as daar geen verkeersknope is nie – teenoor spitstye.

Die goeie nuus vir Kapenaars en Durbaniete is dat hul verkeersituasie sedert 2017 verbeter het – die verlore tyd weens verkeersknope in die Moederstad het in 2018 met 4% verminder en in Durban met 8%.

Spitsverkeer in die ander stede het toegeneem. Die styging van 9% in Pretoria was die hoogste, gevolg deur ’n toename van 8% in die Rosestad se verkeersknope. Die Goudstad het 3% meer tyd verloor en Port Elizabeth 1% meer.

Wat invloed betref, is Johannesburg die hoogste op die ranglys van 200 stede op nr. 61. Dan volg Pretoria (nr. 64), Port Elizabeth (nr. 75), Kaapstad (nr. 95), Durban (nr. 141) en Bloemfontein (nr. 165).

Wêreldwyd is die vyf stede waar verkeer die grootste uitwerking het: Moskou in Rusland, Istanbul in Turkye, Bogotá in Colombia, Mexikostad in Mexiko en São Paulo in Brasilië.

Die meeste ure is in Bogotá verloor – nie minder nie as 272 uur, oftewel meer as 11 dae. Dan volg Rome in Italië, Dublin in Ierland, Rostof-on-Don in Rusland en Parys in Frankryk. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!